- Diana Koorts -
Ses van die skool se karatekas is onderskeidelik opgeneem in die Suid-Afrikaan-se- Wes-Kaap-en Ontwikkelingspan wat die tydperk van 5-9 Augustus in Namibië gaan deelneem het. Namibië het vanjaar sy 30ste bestaansjaar van Goju Ryu karate gevier.
Met groot erns het die leerders baie planne beraam om geld in te samel – want vir so ‘n “uitstappie “ moes elkeen sy hand maar DIEP in sy sak steek. Baie dankie vir elke inwoner wat ‘n bydra gelewer het om dit vir die leerders moontlik te maak.
Hulle het van Stellenbosch af vertrek in drie groot InterCape busse. Na 8ure se reis- het hul hul eindbestemming- Arebusch- Lodge net buite Windhoek bereik. Alles was baie aangenaam en hulle het die “game drive” besonder baie geniet. By die “Lodge” was alles maar baie duur en moes hul fyn beplan om die dollars nie te vinnig te laat rol nie- R20.00 vir net 1.5L water!!
Saterdag was die groot dag en waarvoor almal gewag het- die Kompetisie!! Hoërskool Zwartberg het sy stempel sommer stewig afgedruk en al ses leerders het ‘n plek by die Kompetisie behaal- voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie!! Hulle het soos volg presteer:
Pieter Koorts- Kata- Silwer (2de plek)
Nelius Koots- Kata en Gevegkuns- Silver (2de plek), Aneske van Eeden- Kata- Brons (3de plek), Eloise Gous- Kata en Gevegkuns-Brons (3de plek)
Ryan Ferreira- Kata en Gevegkuns- Brons ( 3de plek), Ismari le Grange- Kata (4de plek)
Ons skool is ook besonder trots op twee oud leerders wat ook pragtig presteer het in Namibië. Andrea Gous het ‘n goue medalje verower en eerste gekom in Kata en Gevegkuns en Martin Koorts het ‘n silwer medalje ontvang vir sy Kata en Gevegkuns.
Baie geluk aan Sensei Anchen Gouws met so ‘n pragtige prestasie waar al die karatekas plekke behaal het. Sy verdien sowaar ‘n ektra pluimpie in haar hoed daarvoor.
Alle sterkte met hul voorbereiding vir die Wereldkampioenskappe wat 2010 in Stellenbosch aangebied gaan word.
Sunday, August 30, 2009
Hoërskool Zwartberg maak sy merk in Namibië
Posted by
Prince Albert Friend
at
8:05 PM
0
comments
Labels: Karate
Thursday, April 30, 2009
Ons Karatekas Doen Dit Weer
- Diana Koorts -
Agt van Hoërskool Zwartberg se karatekas het 21 Maart aan die Wes-Kaap Kampioneskappe te Stellenbosch gaan deelneem. Daar was onge-veer 280 karatekas wat aan die kompetisie deelgeneem het. Almal was slaggereed en reg vir die groot uitdaging wat wag.
Vier lede van die span het teruggekom met ‘n pragtige medalje om die nek – iets waarvoor hulle hard gewerk het en werklik verdien het.
Die volgende leerders het medaljes ontvang:
Pieter Koorts - Goud (Kata)
Oscar Maeyer - Brons (Kata)
Ryan Ferreira - Goud (Kata en Gevegskuns)
Nelius Koorts - Goud (Kata en Gevegskuns)
Baie geluk aan elkeen wat deelgeneem het – ons almal is waarlik baie trots op julle. Ons hou duimvas vir elkeen – 23 Mei is dit SA’s en ons glo julle sal weer dieselfde prestaisies behaal.
Vanjaar is die eerste keer dat die karatekas Springbokkleure kan verwerf – ons hou werklik duimvas dat Hoërskool Zwartberg ook sy eie kwota Springbokke kan oplewer!
Posted by
Prince Albert Friend
at
6:22 PM
0
comments
Labels: Karate
Sunday, June 29, 2008
Ons karatekas lewer uitsonderlike prestasies!
- Diana Koorts -
Saterdag 31 Mei was dit weer die Goju Ryu Suid-Afrikaanse Karate kampioenskappe wat te Paul Roos op Stellenbosch gehou is. Die kompetisie was - soos in die verlede - baie sterk en van ’n hoë standaard.
Prince Albert se karatekas het vanjaar nie aan die Wes- Kaap se Kampioenskappe deelgeneem nie, aangesien dit op die skool se sportdag geval het. Ons het dus ’n spesiale vergunning gekry om direk aan die SA’s te mag deelneem. Die senuwees het maar geknaag, want niemand het insae gehad van hoe die teenstaanders van die Wes Kaap lyk nie!!!
Anchen Marais het haar bes gedoen en elke moontlike tydjie die kwartaal ekstra met die span geoefen. Sy was egter baie optimisties en het sommer die hele span – 11 karatekas – ingeskryf vir die kompetisie. Van vroeg af het ons karate-kas begin deelneem en almal het kennis geneem van dié span wat die een na die ander medalje inpalm. Aan die einde van die dag kon ons ons eie oë nie glo toe ons met 4 goue, 3 silwer, 2 brons en 1 vierde plek kan huistoe kom nie.
Baie geluk aan sensei Anchen Marais – met sulke puik uitslae kan sy nog vele hoë hoogtes bereik!! Ons wens haar alle sukses toe vir die volgende 2 jaar se harde oefening wat voorlê. 2009 word die SA’s in Namibië gehou – hul vier dan hul 30-jaar lange onafhanklikheid. In 2010 word die Wêreldkampioen-skappe hier in Suid Afrika gehou – voorwaar iets om voor te oefen en ’n GROOT geleentheid vir ons kinders.
Baie geluk aan al die karatekas – jul hou Prince Albert se naam sommer hoog en al hoe meer mense neem goed kennis van ons pragtige dorp. Anchen – Jy weet nou presies waartoe jy in staat is. (Indien iemand ’n bydrae wil maak om ons karatefonds te verstewig – kontak Anchen by die Koöperasie gedurende werkstyd).
Posted by
Prince Albert Friend
at
9:30 PM
0
comments
Labels: Karate
