Showing posts with label Krieket. Show all posts
Showing posts with label Krieket. Show all posts

Tuesday, March 31, 2009

Jong Seuns Lewer Kookwater Krieket

- Dirk Visser -

Die o/13 krieket span van Prince Albert Primêr het 19 Februarie teen Hoërskool Zwartberg gespeel en 23 Februarie was dit die o/11’s se beurt.

Daar het groot opwinding geheers tydens die busrit na ons buurskool en die wedstryde het vir nog verdere opwinding gesorg.
Zwartberg se o/13 span het eerste gekolf en 63 lopies in 25 boulbeurte aangeteken. Prince Albert Primêr het aanvanklik gesukkel, maar danksy ‘n briljante onoorwonne 25 van Marlow Vries het die besoekers Zwartberg met 6 paaltjies geklop. Marlow se beurt het drie viere en ‘n uitstekende ses ingesluit.

Danksy puik boulwerk deur Zwartberg se o/11’s het hulle Prince Albert Primêr tot 40 lopies in 20 boulbeurte beperk. Ten spyte van goeie boul-en veldwerk deur Prince Albert Primêr is die wenlopies deur Zwartberg in die 18de boulbeurt geslaan.

Die twee spanne se gedrag was onberispelik en dit is wonderlik om te sien dat krieket met soveel entoesiasme in die platteland beoefen word. Sterkte aan die twee spanne vir die res van die seisoen.

Saturday, September 29, 2007

Prince Albert Primêr se Belowende Krieketspelers

Vyf leerders van Prince Albert Primêr is onderskeidelik opgeneem in die O/13 (Beniton Klaasin, Damian Bezuidenhout) en O/15 (Sachin Reed, Christopher Daller, Ayden Buys) SWD Krieket oefengroep. Die leerders het aan die SWD winter oefenprogram deelgeneem waar hulle deur die bekwame afrigters van die SWD Krieketraad geslyp is om hul kolf-, boul- en veldwerk op te skerp.
Hulle ding op 24 en 25 September 2007 mee in die finale proewe te Oudtshoorn om ‘n plek in die amptelike SWD span. Die O/13 span sal tydens die Standard Bank O/13 week vanaf 2 - 6 Desember 2007 provinsiaal meeding te Pretoria en die O/15 span tydens die PG Byson week (8 – 12 Desember) te Stellenbosch.

Alle sterkte word die belowende krieketspelers toegewens.