- Kobus Snyman en die Hoërskool Zwartberg personeel -
Bodo se maraton-fondsin-sameling het met die slag van simbale en die geskal van trompette tydens die 7e Oktoberfest tot 'n einde gekom.
Wat 'n onvergeetlike aand, met die Blaskapelle Hemslingen wat genotvolle musiek en groot vermaak verskaf het. Hierdie Oktoberfest het nie alleenlik R65 987.00 vir Hoërskool Zwartberg ingesamel nie, maar ook tot voordeel van almal, die gastehuise gevul; mense getrek wat die twee kunsuitstallings en die blommefees van die naweek bygewoon het; die personeel van die Koffiewinkels aan die hardloop gehou en baie nuwe vriende vir Prince Albert gemaak het.
Bodo has been raising funds for the Babbelbergies, Wilderkanisland and Hoërskool Zwartberg for the last 8 years – an amazing total of R540 480.00 in all.
This includes monies raised through seven Oktoberfests, the 2007 Musikschule Schreiber visit, and many donations in support of individual children and special needs.
Ever since their arrival in Prince Albert Bodo and Gudrun have immersed themselves in the life of the village and have supported many of our local institutions but there can be few people who have given as generously of their time and energy towards the education and welfare of the children of our community.
Vir Bodo het die tyd aangebreek om die lederhosen in die kas te sit en 'n blaaskansie te neem. Bodo en Gudrun sal volgende Oktober hulle vriende en familie in Duitsland gaan besoek.
Bodo, ons as personeel van Hoërskool Zwartberg wil namens die gemeenskap van Prince Albert opreg dankie sê vir jou besorgdheid met ons leerders en jou ongelooflike pogings om fondse in te samel sodat ons die beste moontlike opvoeding aan hulle kan gee.
VIELEN DANK!
Sunday, November 30, 2008
Vielen Dank Bodo!
Posted by
Prince Albert Friend
at
4:37 PM
0
comments
Labels: Oktoberfest
Thursday, October 30, 2008
Onvergeetlikste Oktoberfees nòg

- Denise Ohlson -
Prince Albert se Landbouskousaal het op 18 Oktober tydens die dorp se sewende Oktoberfees letterlik uit sy nate gebars toe bykans vierhonderd feesgangers uit elke windrigting opgetrek het vir Eisbein en Sauerkraut, vir bier uit die vat en veral, ja veral, vir regte, egte Oempamusiek uit die heel boonste rakke.
Bodo Toelstede, organiseerder van hierdie fees der feeste, het hom heeltemal oortref deur met tientalle balle gelyktydig in die lug, kop te hou om so presies moontlik te probeer bepaal hoeveel Eisbeins om te bestel, gasvrye mense te werf om gratis verblyf te verleen aan die 38 lede van die Duitse Blaasorkes uit Hemslingen, kaartjies te druk en te verkoop, Tombola-pryse op te tower en sy Kieliebeentjie Orkes in te oefen vir die “voorvertoning”!
Ná bykans twee jaar se harde werk en presisie-beplanning, was dit skielik tyd om die musikante op die lughawe in Kaapstad te ontmoet en op ‘n besigtigingstoer te neem: Hulle het vier dae in Bloubergstrand oorgebly en absoluut perfekte weer gehad om met die sweefspoor teen Tafelberg op te gaan, op Kaappunt te staan, Kirstenbosch te beleef, baie suksesvol by die Beierse Polana Restaurant in die Waterfront op te tree, en sommer lekker Suid-Afrikaans te koop.
In Prince Albert is elke lid uitgeplaas by hul gawe gashere – en Saterdagaand kon Bodo die “Blaskapelle Hemslingen“ in hul indrukwekkende maroen uitrustings en ewe indrukwekkende instrumente met gepaste fanfare aankondig.
Die atmosfeer in die Landbousaal was net ongelooflik en die Duitsers het gou geleer dat “Afrikaners is plesierig” nie sommer net nòg ‘n liedjie is nie. Daar is tot laatnag met oorgawe gesing en gedans en opreg “gefees”. Selfs die dramatiese kragonderbreking kon die gees nie demp en daar is voortgespeel onder begeleiding van selfoonliggies, aanstekers en koplampies!
“Koningin Victoria” het weer haar verskyning gemaak om “Prince Albert” se hand te vra, die sestigjarige Christa Bremer het die gepaste passies in haar mooi handgemaakte rok gemaak om as Mej Oktoberfees gekies te word, en ons burgemeester, Magdalena Benjamin, het geskenke en goeie wense uitgeruil met die burgemeester van Hemslingen, Annegret Kregel.
Die lede van die “Blaskapelle” het vyf jaar lank gespaar om hierdie besoek moontlik te maak. En dit was ‘n “oorweldigende erva-ring” sê Bernhard Speer en Herby Röhrs namens die groep. “Ons is totaal oorrompel deur jul wonderklike land. Die natuur, die mense… Hier in Prince Albert is ons oorval deur gasvryheid en het behoorlik ge-smul aan die plaaslike produkte. Dit was ook vir ons ‘n verrykende geleentheid om in die skoolsaal vir die leerders te kon speel. Hul meelewing en spontane reaksie het selfs van ons gehardste manne trane in die oë laat kry.”
Die musikante se verblyf is afgesluit met ‘n ete hy Hotel Swartberg, waar hulle heel aandoenlik “Guten Abend, gut Nacht” saam gesing het. Bodo vergesel hulle vir nog vier dae op ‘n toer na Mosselbaai, Knysna, Keurbooms en die Addo Olifantpark.
Met hierdie sewende Oktoberfees, geborg deur die Duitse Federale Buitelandse Kantoor en die Goethe Instituut, het Bodo nou sy mikpunt bereik om altesaam meer as R500 000.00 tot die skoolfonds te kon bygedra. Sy kommentaar: “Ek bedank almal wat my deur die jare ondersteun en bygestaan het, veral by my vrou Gudrun is ek in die skuld vir haar onfeilbare onderskraging. Nou is ek tevrede – ek het my deel gedoen en ‘n ideaal bereik.”
Posted by
Prince Albert Friend
at
9:58 PM
0
comments
Labels: Oktoberfest
Friday, December 14, 2007
Sesde Oktoberfees ‘n reuse sukses
- Stefné Theunissen -
Die aand van 27 Oktober was ‘n heerlike someraand hier aan die voet van ons geliefde Swartberge en dit was tyd om weer met groot oorgawe fees te vier.
Vir Prince Albert se Sesde Oktoberfees is die saal van Hoërskool Zwartberg pragtig versier, vrolike musiek het die gaste sommer met die intrapslag in die regte stemming gehad en tot laataand gesorg dat die dansbaan deeglik benut word. Van die gaste (en al die dansers op die verhoog) was uitgedos in Dirndl-rokke – al die pad van Duitsland af. Te pragtig!
’n Verskeidenheid Duitse en Suid-Afrikaanse kos is bedien en plaaslike wyn en bier (natuurlik!) was te koop. Daar was sitplek vir 180 mense en in ‘n staduim was die saal oorvol – daar is 211 koskaartjies en 254 toegangskaartjies verkoop. Indrukwekkende pryse is gewen in die tombolatrekking – en daarna het meisies in oulike wit stewels en kort rokkies treffers gesing. Die wins vir die aand was R16, 546 - wat weer aan Hoërskool Zwartberg gaan. Die ses feeste tesame het nou al R82, 768 tot die skoolkoffers bygedra.
Volgende jaar vind die Sewende Oktoberfees plaas. ’n Duitse Blaasorkes kom dan spesiaal van Duitsland af vir die fees. Die winsmikpunt is R18, 000 – sodat die groottotaal van R100, 000 as bydrae tot Hoërskool Zwartberg se fondse bereik kan word. Ondersteun dus gerus hierdie grootse poging van Bodo en Gudrun Toelstede. Dit gaan ’n reuse organisasie wees!
Bodo en Gudrun is al die jare die onbaatsugtige werkers agter die skerms vir al hierdie geleenthede. Hul toewyding aan Prince Albert en al sy mense, hul harde werk, deeglike beplanning en uitstekende organisasie om sulke mooi geleenthede vir Prince Albert daar te stel, gaan nie ongesiens verby nie. Gaste van ver en naby het die aand baie geniet en hulle groot lof toegeswaai. En belowe hulle is volgende jaar weer hier!
Posted by
Prince Albert Friend
at
10:54 PM
0
comments
Labels: Oktoberfest
Saturday, September 29, 2007
Tons of prizes to be won at this year’s Oktoberfest
- Bodo Toelstede -
This year sees a range of wonderful raffle prizes to be won at the 6th German Oktoberfest taking place at Hoërskool Zwartberg on the evening of 27 October. All proceeds will go to the school. Make sure you get your tickets in plenty of time and stand in line to win any of the following treasures:
A carpet from the Prince Albert Wolskuur Wewery, worth R 650. Donated by Rudolph Colyn, Cape Town and Annegret Engsterhold, Recklinghausen, Germany.
Meal voucher worth R 100 donated by The Lazy Lizard, Prince Albert; two meal vouchers at the German Restaurant "Amberg", near Paarl, donated by Elisabeth Dominka and a R 200 voucher for meat from Faan de Wit, Prince Albert. Donated by Lynne Botha, Cape Town.
1 night’s accommodation for 2 including breakfast at De Bergkant Lodge, Prince Albert, donated by Charles Roux of De Bergkant Lodge, (www.debergkant.co.za) and an all inclusive dinner at 'Alt Hamburg', 33 Schoeman St (N12), De Rust, donated by Kerstin and Frank Seydel, De Rust.
A 1 year subscription to the magazine 'Taalgenot', donated by ATKV and a book, donated by LAPA Uitgewers. www.atkv.org.za
A water colour painting by the famous European Artist Kristine Gaster, Italy. Kristine has visited Prince Albert several times and has donated paintings to the Wildekanisland Nursery School and Hoërskool Zwartberg.
A barbecue and skewer set and a picnic carrier with freezer compartment and a two piece set of cutlery donated by Bodo & Gudrun Toelstede
One night’s accommodation, including breakfast at each of the following: 'Ingrid's Inn', Plettenberg Bay, donated by Ingrid Botoulas, Johannesburg (ibot@telkomsa.net), and 'Moontide, Wilderness, donated by Maureen Mansfield (moontide@intekom.co.za)
2 nights’ accommodation at 'Abrahamskraal' farm, self catering, donated by Hestie and Johan Fourie of Prince Albert (www.princealbert.org.za/abrahamskraal.htm).
3 months free gym training at "Lazy Lizard Training Studio" in Prince Albert.
2 nights’ accommodation for 2 incl. breakfast at Savanna Guest Farm, Namibia, donated by Zelda van Schauroth; (www.savanna.iway.na) and 2 nights’ accommodation for 2 incl. breakfast at 'Schützenhaus' in Keetmanshoop, Namibia, donated by Erika Glück, www.exclusive.com.na/schuetzenhaus.htm
"Lucky Draw" and "Miss Octoberfest" will get a voucher for a Jumbo "Valley Classic" Wood fired Pizza at Hops Valley Farm Stall, N 12, Waboomskraal, George.
And, to keep up the tradition, the 3 most enthusiastic dancers on the dance floor will each receive a R100 voucher for meat and sausage at Faan de Wit, Prince Albert. Donated by Lynne Botha, Cape Town.
Don’t miss the festival! 27th October!
Posted by
Prince Albert Friend
at
9:23 PM
0
comments
Labels: Oktoberfest
