Showing posts with label Olywe. Show all posts
Showing posts with label Olywe. Show all posts

Tuesday, April 29, 2008

Olive tips from Jan Olyf - Jan Olyf se Olyftrieks

Here are a few ‘olive recipes’ to enjoy with a glass of local wine at the Prince Albert Town and Olive Festival:

Spicy olives can be served in a bowl with Gay’s Feta cheese, or her prize winning cheese, cut into small blocks. An enjoyable addition is a bowl of croutons, served separately to prevent them from becoming soggy. Or, instead of croutons, make your own Melba toast in the oven – add a touch of grated garlic and cut into blocks before serving.
Neem ‘n bottel olywe (swart of groen), dreineer en gooi dit vir ‘n hele paar minute op ‘n plat oppervlakte oop sodat die olyf se skil droog word. Maak ‘n sousie aan na jou eie smaak. Gebruik olyfolie as basis en meng dit met bv. balsamiese asyn, suurlemoensap, knoffelvlokkies, enige ander vars kruie en speserye. Laat jou verbeelding die loop neem met wat jy wil kombineer. Nog beter, bel vir Hilda van Sewende Laan!

Olive oil and balsamic vinegar, in separate bowls, served with Hendry’s freshly baked bread is a winning combination. The bread is dipped alternately in the olive oil and balsamic creating a mouth-watering dish in which the olive oil compliments the sweet taste of the vinegar.

Gebruik olyfsmeer (swart of groen) en meng saam met dit ‘n smeerkaas of anchoviesmeer en maak jou eie smeer.
Make your own stuffed olives by de-pipping olives and filling with a variety of different ingredients for example, pickled garlic, onion, orange or lemon peel, cheese or capers. Do what you think is interesting or what your guests will enjoy. Remember though that the shelf life of some ingredients is very short.

En vir die braai...

Meng olyfolie, sojasous en suurlemoensap as ‘n marinade vir vleis.

Meng olyfolie, suurlemoensap en kruie-asyn om vis mee te braai. Gooi die res van jou speserye oor nadat die vis gaar is.

Meng olyfolie, suurlemoensap en heuning of appelkooskonfyt om vis mee te braai of in die oond te bak.

Wednesday, April 25, 2007

OLYWE BY DIE TON


-Denise Ohlson-

Prince Albert se olyftoekoms is blink. Met drie olyfboere wat stewig in die olyfsaal sit en met ‘n olyffabriek in aanbou, is ons in die wegspringblokke om die lint te breek as die olyfmekka van die Karoo!

Swartrivier Olyfplaas
Toe Jan Bothma in 1973 sy eerste eksperimentele hektaar olywe op Swart-rivier geplant het, kon hy skaars voorsien dat hy in 2007 vir die 13de jaar sy olyffeesstalletjie in die strate van Prince Albert sou kom opslaan.

Vandag, met 3000 volgroeide bome, oes en bewerk Jan en sy vrou Annalien en hul kinders Cobus, Jan en Carolien, tussen 50 en 80 ton olywe per jaar. Onder die Swartrivier etiket word bemark: ingemaakte groen, halfryp en swart olywe, gedroogde olywe, olyfpasta en olyfolie.

Jan deel graag sy kennis van sy geliefde produk. Hy lewer twee praatjies oor olywe en olyfolie tydens die fees. Sorg dat jy daar is om jou ore te spits sodat jy ook kan saampraat as dit kom by Manzanilla, Leccino en Mission!

Tydens die fees bied die Bothmas ook ‘n laatoggendontbyt aan onder die verwelkomende boorde op Swartrivier. Dit beloof om ‘n gesellige en interessante feesaktiwiteit te wees; kaartjies en aanwysings is te kry by die toerismeburo en kaartjiestalletjie.

Prince Albert Olives
Fred Badenhorst is ‘n man wat ‘n intieme verhouding het met grond. In 1997 sien hy al die goeie waarde in die bodem van Prince Albert raak en besluit om De Beerstraat 12 te koop. Gou is die paar hektaar nie wyd, breed en lank genoeg nie en hy skaf die plaas Rosendal aan - waar hy wingerd, neute en 15 ha olywe aanplant.

Hier byt die olyfgogga hom behoorlik en hy en sy vrou Anobé vertrek na Spanje, Italië en Griekeland om te gaan kyk na die hoe en die wat van die olyfbedryf.

Met sy terugkoms spring hy en sy bestuurder Essie in met ‘n span werkers en sit 21 ha van die ou Raap-en-Skraap Karavaanpark se grond onder olywe. Calamata, Mission en Manzanilla is die eetolywe, Frantoia, Coratina en Letchino die olieolywe wat aangeplant word. Terselfdertyd begin hulle ‘n kwekery waar boompies in tonnels gewortel word. Na sowat nege maande is die boompies sterk genoeg om oorgeplant te word en die eerste drag word verwag so vier, vyf jaar later.

Olyfkenner Linda Costa het die boorde onlangs besoek en sê dis van die mooiste bome wat sy nog gesien het. Die 2007 oes van 10 ton laat Fred en Essie se harte swel van trots en vreugde. Fred is ook bly dat PA Olives broodnodige werk skep vir werkers wat andersins ledig sit en wag vir die vrugteseisoen om weer aan te breek.

Intussen het die grond by Koelhoogte ook Badenhorst besit geword en die eerste 8 ha bome staan reeds kniehoog. Op Leeu-Gamka word 100 ha olywe beplan… Saam met die aanplantings op Stilplaas sal PA Olives binnekort 150 ha Karoogrond onder olywe hê. Fred sê Prince Albert is ‘n gesonde en goeie plek vir olywe. Die droë klimaat beteken daar is min swamme en siektes in die boorde.

Met PA Olives gevestig en op koers is ‘n ekstra ruim gebou in Prince Albert se industrieële gebied aangekoop en dit word tans ingerig as olyffabriek. Klein en opkomende boere sal welkom wees om hul olywe hier te kom verkoop of om hul olywe hier laat pers en onder hul eie etiket te bemark.

Kredouw Olive Oil
John Southern, owner of Rosendal farm, at the top of the Kredouw Pass estimates his olive harvest this year at 20 tons. He has 5000 trees on his farm, all about six years old, including a range of cultivars: Coratina, Frantoio, Leccino, Manzanilla, Mission and Favolosa. They started harvesting early this year, as one of the cultivars was ready at that time. John is "very happy" with this year's harvest, given the age of the trees, the climatic conditions and the water situation.

Most of the harvest will be pressed for oil and although most of this year’s produce will be sold by someone else, John plans to bottle what he keeps to sell under his Kredouw Olive Oil label. He plans on bottling and selling more and more of his own oil and planting more olive trees over the next several years.