Showing posts with label Restourasie. Show all posts
Showing posts with label Restourasie. Show all posts

Thursday, October 30, 2008

Restoring its Crowning Glory

Work is well underway to restore the distinctive parapet moulding, the crowning glory, on Number 97, Church Street. And what is more, there is a plan to return the elaborate woodwork to the veranda of this c.1860 Karoostyle building. The floral fretwork under the veranda roof at either end has already been crafted and restored to the original design.

The building was recognised by Helena Marincowitz as a fine example of Karoostyle architecture and included in her book: “Karoostyle – Folk Architecture of Prince Albert and Environs” published in 2006 (available from the Fransie Pienaar Museum). She described the building as follows:

“Een van die mooiste Karooboustyl hui-se (c.1860) in Prince Albert, is geleë op die hoek van Kerk en Crosbystrate. Hierdie geskiedkundige Karooboustyl huis het bekend gestaan as Langner se huis.” (Helena Marincowitz)
Lance Speirs and his wife, Kerri, are the current owners, who have recognised the value of restoring this significant example of Karoostyle architecture.

As the town is discovering¸ Lance puts energy and commitment into his considerable skill as a craftsman, and there is much to be grateful for that he is undertaking this demanding task.

Apart from the parapet, photographic records which exist show a unique design for the veranda woodwork, and Lance sends out an urgent plea to anyone who can assist with more early pictures taken of this house.

Any help with old photographs would be greatly appreciated or any leads as to the original design of the fretwork (broekielace).

Enige kopieë van foto’s van hierdie huis, (Kerkstr 97), of enige leidrade van die oorspronklike “broekielace” ontwerp sal waardeer word.

Contact/skakel : Lance 084 473 3155.

Friday, February 29, 2008

Restourasie van NG Kerk Kerkgeboue

-Magriet Engelbrecht-

Het u miskien die afgelope tyd iets vreemds opgemerk wanneer u in Kerk-, of Markstraat verby die kerkgeboue gery of gestap het? Nie?

Wel, dan word u nou uitgenooi: Kom kyk gerus: Ons kerkgebou het ‘n heel spinternuwe baadjie aan!

Meeste van Prins Albert se inwoners/gemeentelede onthou seker nog dat ons in 1997/1998 die kerkgebou laat restoureer het. Ongelukkig het die kontrakteurs nie by hul belofte van ‘n 10-jaar waarborg gehou nie, en moes ons die afgelope tyd sien hoedat die verf afdop en die houtwerk verwaarloos.

In 2007 het die Kerkraad dus besluit dat daar dringende aandag hieraan gegee moet word. Tenders is gevra en daar is besluit om dié van W Penfold “ Building Restorations ” (inwoner van Prins Albert) te aanvaar. Die volgende werk moes gedoen word:
Vervang en installeer nuwe geute en aflooppype/herstel die bestaandes; Verwyder verf van mure, seël mure en verf (buitekant); Herstel, vernis/verf vensters, deure en hortjies;
Algemene herstel- en verfwerk aan die kerkkantoor (binne en buite); Verf toringhorlosies; Algemene herstelwerk aan padjies; Installeer dreineringstelsel aan agterant van kerk om te keer vir vogtigheid wat vanaf die straat deursyfer.

Die totale tenderbedrag is R343 280.68 ( moet tog nie die 68c vergeet nie! )
Huidig is die werk aan die kerkgebou en kerkkantoor byna afgehandel; die horlosies is pragtig geverf en van oraloor laat weet die mense dat hulle nou weer kan sien hoe laat dit is! Ons het verneem dat die feit dat die kerkhorlosie sedert middel Desember nie geloop het nie, veroorsaak het dat mense wat leibeurte moes verander, horlosie moes dra - so ook die stappers…..! Ons is dus baie jammer vir die ongerieflike toedrag van sake – maar dit was alles die moeite werd, of hoe?

Wil u dalk nou gou-gou gaan kyk hoe dit daar uitsien?

En waar het die geld daarvoor vandaan gekom, sal u vra? Twee beleggings van die NG Kerk is losgemaak om ‘n bedrag van R275 390 beskikbaar te stel. Dit laat ons dus met ‘n bedrag van R67 890 wat nog van iewers vandaan gekry moet word om die “boeke te laat klop”! Ons glo egter dat hierdie bedrag deur bydraes vanuit die gemeente en gemeensap gevind sal word.

‘n Groot dankie aan William Penfold en sy span van slegs 5 werksmense (onder die bekwame leiding van Pikkie) vir die hoogstaande gehalte van die werk wat gedoen word.