Thursday, July 31, 2008

Letters - Briewe

Tannie Daddie Skryf

Liewe Vriende

Ek het lank gewik en geweeg voordat ek besluit het om hierdie storie te skryf, maar na my ongeluk dink ek dis ‘n “moet”.

Ons is tog so ywerig om ons te beveilig in ons huise, maar dink ons reguit as ons dit doen? Toe ek die aand val en daar op die vloer op my rug lê en my nie kan roer nie, toe tref dit my in watter gevaar ek eintlik is.

Daar lê ek soos ‘n pap baba. Niemand naby my nie, niemand hoor my geroep om hulp nie. Veilig, ja, dink ek, deure gesluit, vensters bedraad. Niemand kan my kom molesteer nie. Reg so.

Maar na ure se lê op my rug en planne maak, tref dit my: Wat gebeur as daar ‘n brand in die huis uitbreek? Ek was gewoond om saans die ligte af te skakel en dan die kort kersie op te steek in die blaker met die boksie vuurhoutjies daarin.

Sê nou net ek het die kersie opgesteek en dit het later uitgebrand en die was het oorgedrup en ‘n vlam veroorsaak? Dan het ek met huis en al uitgebrand en niemand sou my kon red nie. Ek sidder as ek daaraan dink.

Maar my Bewaarder sluimer of slaap nie. Hy was heeltyd daar by my - heelnag deur tot halfsewe die oggend toe Ockie Gouws my hulpkrete gehoor en my deur oopgebreek het.

Ek het ‘n fluit, maar dié hang buite my bereik. Ek het ‘n telefoon, maar dié is in die sitkamer... Al my hulpmiddels was van geen nut nie. Moet tog asseblief nooit vir julle so toesluit nie. Ek sal dit nooit, ooit weer doen nie. Laat die inbrekers dan maar liewer inkom. My redding was toe op die ou end my stem - waarmee ek om hulp kon roep.

Verskoon my skrif, ek is nog bietjie bewerig. Die heup kom aan, maar my been bly swak. Glo nie ek sal weer die been se volle gebruik terugkry nie.
Groete en dankie vir julle belangstelling.

Van Daddie
Posbus 112
Beaufort-Wes
6990

Dogs on the Koppie


On Wednesday morning, 9 July, at 7:40 whilst hiking on the Robert Gordon Koppie we heard a shout, and saw in the distance a brown dog chasing a bokkie.

The cross country jogger, who was with the dog, had good verbal control and immediately brought the dog to heel. Not good enough!

You are supposed to keep your dog on a leash at all times. Better still, keep dogs off the Koppie so that wild life will return.

Peter McEwan

Town’s heritage is disappearing fast

The excellent article on Heritage in last month’s Friend prompts a response not only about Heritage per se but more as a wistful reminiscence of how things were….less than five years ago!

Sadly, features that attracted us to the town are fast disappearing. The wonderful agricultural feel with its sights and sounds and open spaces seems to be replaced by a hint of suburbia with the addition of many more houses and barking dogs. Fewer chickens are seen roaming the streets nowadays, which is a pity!

Instead of repairing or renovating, structures are replaced, usually totally out of character. Lovely old fruit orchards and grazing sheep in open fields have either been subdivided or will be in the not too distant future. Municipal notices with proposals of subdivision appear frequently in this newspaper. Not to mention the controversial Housing Developments.

The functionality of the town with the schools and as a farming centre was another attraction (not just a “film-set town” for tourists). Truckloads of sheep and ostriches were often seen passing through. What has happened to all the farmers who used to frequent the Co-op?

The drought over the last few years has no doubt caused the town to lose its original purpose. It is distressing to see how much of the thick natural thorn bush that used to line the roads and riverbeds and surround the town has disappeared.

What a wealth of memories the many folk who have been here for donkeys’ years must have. Speaking of donkeys, with the surge of fuel prices we could see the return of the donkey cart – another common sight five years ago.

Lorna Verran

Prince Albert se Gholflandgoed

Dit is belangrik dat Prince Alberters deelneem aan die debat oor die voor- en nadele van die beplande gholflandgoed, dit raak ons almal.

Die ter saaklikste uit Kallie Erasmus se inligtingsvergadering:
  • die gholfspelers ruil hulle grond vir nuwe fasiliteite, groen bowwe en setperke, klubgeriewe met restaurant, kroeg, onthaalgeriewe, tennisbane, jukskeibaan, rolbalbane, swembad. (Ek veronderstel hulle sal lewensreg geniet terwyl nuwe lede van hierdie ‘oop’ klub deur hulle tande betaal vir die ekslusiewe fasiliteite?)
  • ‘n Swart Bemagtigingsgroep ontwikkel laerkoste behuising op die huidige gholfbaan perseel
  • Die gemeenskap vind baat by nuwe werksgeleenthede
  • ‘n Portwynkelder word opgerig
  • Volstruisvlei is Prince Albert se grootste boerdery en werkverskaffer
  • Een derde (sowat 40 hektaar) van die beplande gekonsolideerde gebied sal steeds landbou beoefen
  • Een derde sal die gholfbaan en klubgeriewe huisves
  • Een derde sal gebruik word vir 150 nuwe huise

Ek is opgewonde oor die totstandkoming van ‘n wynkelder vir die maak van Port. Dit sal ‘n beduidende waardetoevoeging tot die distrik wees, en verdien die sterkste ondersteuning. Uitstekend vir Toerisme, op die langer duur kan dit meer volhoubare werksgeleenthede skep as ‘n aantal vakansiehuise. Ek wil die Volstruisvlei eienaars dus mooi vra om die landbougrond te behou en nog Touriga en Tinta druiwe te plant!

Verskuiwing van die gholfbaan met klubhuis en bekostigbare behuising op die huidige perseel het beide meriete, maar dit mag nie gebruik word as polities korrekte motivering om die sonering van 150 nuwe woonerwe te regverdig nie.

Om ‘n imposante countryclub en gholf-landgoed met 150 eenhede langs die mooi-ste, mooiste ingang na Prince Albert te bou, gaan ‘n groot kontrakteur met ambagsmanne en arbeiders van buite benodig. Hierdie manne sal geruime tyd - twee drie jaar? - hier besig wees. Daarna sal ‘n groot persentasie waarskynlik hier agterbly en met ons plaaslike inwoners kompeteer vir huise en werk.

Hierdie nuwe voorstad sal ‘n geweldige las plaas op die kapasiteit van ons plaaslike owerheid. Die ontwikkelaars bou wel die paaie, en verskaf die water-, riool- en elektrisiteitsaanlegte, maar die instandhouding van hierdie dienste word daarna die verantwoordelikheid van ons munisipaliteit Al die inwoners sal moet help betaal aan die las.

Ek is ten gunste van sinvolle ontwikkeling, maar die hersonering van landbougrond vir die oprigting van nuwe luukse huise wat die dorp nie nodig het nie, is nie sinvol nie.

Susan Perold

Where you stand depends on where you sit: Relocating the Prince Albert Golf Course

The golf course needs to be moved because the present course isn’t good enough to allow for proper play.

The impact of relocating the golf course on water and sense of place will be fully addressed in the EIA, as will layout and design. The new golf club will be an open one so there is no question of it being a “security complex”.

Has it occurred to anyone that while the development will have an impact if it proceeds, it may affect the town even more if it doesn’t?

There is a real need for affordable housing for those who have outgrown the old township but can’t afford to buy in the formerly White part of town. If the golf course site is not made available the Municipality will have to find, buy and pay for land which is likely to be less well-suited and really expensive.

The Volstruisvlei development seeks a balance between increased agricultural activity, the historical character of the town and the need for housing and relaxation facilities. In this process it consolidates fragmented agricultural land, eases the push for densification in the older part of town, creates sustainable jobs and bridges the physical gap between the town’s communities.

For those who sit at tables dependent on the town for an escape from poverty, a place to stay, an income and a future this looks very different to the bleak picture painted from where they sit by the authors in the previous edition of the Friend.

It is precisely because Prince Albert is a vibrant working town that we have a heritage to protect. Every successive generation has left its own scratch marks on the town’s surface and what we have today is the cumulation of the changes they made.

Imagine if our predecessors had committed themselves to “remaining as much the same as possible”: no running water, no electricity, no access roads, no hospital, no old-aged home, no magistrate’s court or police station, no gables, no inside toilets ... and no tourists!

Kallie Erasmus

Prince Albert Ambulans: Die stryd duur voort

Ek wil graag reageer op die Provinsiale Minister van Gesondheid se brief (Prince Albert Vriend, Junie 2008).

Die Minister se inligting in verband met die tyd van die noodoproep en die tyd wat die ambulans daar aangekom het is wel reg volgens my Telkomlyn rekening.

Maar, die trein waarmee die dame, haar dogtertjie en my kleinkinders gereis het, het ongeveer 17h30 op Prince Albertweg stasie aangekom. Toe was die dame reeds siek.

Die kinders het die familie op Prince Albert geskakel en die ambulans se telefoonnommer bekom. Hulle het vanaf 18h15 die ambulans op 112 herhaaldelike kere geskakel maar geen antwoord gekry nie.

Me S Arense van Prince Albertstasie wat by Home Based Care werk, het ook die nommer geskakel sonder sukses. Toe het die kinders my geskakel.

Ek het die noodnommer van die ambulans geskakel, maar dit het of net gelui of net musiek gespeel. Uit desperaatheid het ek die Hospitaal gebel maar hulle kon my nie help nie. Toe het ek die Polisie gebel. Hulle was baie behulpsaam en het gesê dat hulle die ambulans sal gaan soek.

Teen hierdie tyd was dit reeds meer as ‘n uur dat verskeie persone die ambulans noodnommers gebel het en geen reaksie gekry het nie. Die polisie het dadelik gereageer en het voor die ambulans op die toneel gearriveer.

A Willemse

No comments: