Op die vooraand van die sestien dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, is dit so dat ons dorp stukkend is as gevolg van presies dít waarvoor ons nou in die openbaar opstaan. Geweld teen vroue en kinders is in Prince Albert en omgewing ‘n ernstige probleem wat dringend aangespreek moet word.
Ons weet tog almal hoe lyk geweld teen vroue en kinders - maar tog draai ons so maklik daarvan weg en laat toe dat mense onnodig.
Praktiese voorbeelde hier in ons midde was baie die afgelope jaar, maar die afgelope 2 maande is twee kinders van onderskeidelik 4 maande en 4 jaar oud onnodig dood. Twee kinders is die afgelope 2 weke deur hulle MOEDERS aangerand, onderskeidelik gewurg en ‘n oop kopwond met ‘n besemstok toegedien. Vroeër vanjaar is ‘n kleintjie met ‘n panga raakgekap deur haar pa. Hoekom laat ons dit toe? Het ons opgehou omgee vir ons kindertjies, wat juis so weerloos en afhanklik van ons is? Hulle het JUIS beskerming nodig!
Ons moet optree teen fisiese én psigiese geweld.Die eerste is die sigbare geweld, waar vroue en kinders fisiese tekens soos blou kolle of gebreekte/gekraakte bene (enige plek in die liggaam).Dit is gewoonlik ook die geweld waarvan ons eerste bewus raak.Psigiese geweld is nie sigbaar nie en rig baie diep skade aan.Die slagoffer van psigiese geweld kan self knak daaronder en aan hul seer uiting gee deur self fisies gewelddadig te raak.Mense wat seer van binne is, loop met 'n woede in hul binneste rond wat potensieel gevaarlik kan raak vir die mense rondom hulle.Psigiese geweld is die emosionele afbreek van 'n vrou of kind wat voortdurend moet hoor dat hulle niks reg doen nie, of dat hul niks werd is nie en nêrens in die lewe gaan kom nie. Dit is ‘n wesenlike miskenning van hul unieke mens-wees en menswaardigheid.
Hoe spreek ons dit aan? Deur persoonlik betrokke te raak! Moenie jou rug keer op jou buurvrou of vriendin of die kindjie wat jy opsigtelik sien swaarkry nie. Raak betrokke en meld dit aan by BADISA of, in die geval van ernstige beserings, by die hospitaal of SAPD.
Dis tyd dat die gemeenskap begin om verantwoordelikheid te aanvaar vir die vroue en kinders wat gebuk gaan onder geweld van enige vorm!
Vra jouself af of jy ‘n verskil gaan maak.
Ek sluit af met die volgende aanhaling:
“We had our first argument last night, and he said a lot of cruel things that really hurt me. I know he is sorry and didn’t mean the things he said, because he sent me flowers today. I got flowers today. It wasn’t our anniversary or any other special day.
Last night he threw me into a wall and started to choke me. It seemed like a nightmare, I couldn’t believe it was real. I woke up this morning sore and bruised all over. I know he must be sorry because he sent me flowers today.
I got flowers today and it wasn’t Mother’s Day or any other special day. Last night, he beat me up again, it was much worse than all the other times. If I leave him, what will I do? How will I take care of my kids? What about money? I’m afraid of him and scared to leave. But I know he must be sorry because he sent me flowers today.
I got flowers today. Today was a very special day. It was the day of my funeral. Last night, he finally killed me. He beat me to death. If only I had gathered enough courage to leave him, I would not have gotten flowers today …”
Ilze Koorts
Maatskaplike Werker
No comments:
Post a Comment