- André Jaquet -
Nog ‘n hoogtepunt van hierdie jaar se Dorps- en Olyffees was die Baba O’lyfie en Mnr en Mej O’lyf kompetisie. Al was dit 'n heerlike oggend, die soort wat 'n mens net in Prince Albert kry, begin ek sweet, my mond word kurkdroog en ek voel heel ongemaklik. Hier sit ek, Sonja Mckenna en Debbie Mooneys as beoordeelaars. Voor ons verskyn daar 'n parade van trotse mammies met hulle pragtige babas. En nou moet ons een van die babatjies uitwys as die heel mooiste!
My eerste reaksie is om so gou moontlik daar weg te kom maar ek is so gebou dat vinnig beweeg en verdwyn net nie moontlik is nie. Uit ervaring weet ek dat 'n plesierige ma blitsvinnig in 'n moelike tannie kan verander as 'n mens twyfel dat HAAR kind die mooiste is. Ons het geen keuse nie: ons moet maar voortgaan.
Debbie, Sonja en ek wou 'n prys aan elkeen van die deelnemers toeken want hulle was almal dierbaar en so mooi aangetrek. Na 'n lang debat is dit die glimlaggie van Jan Stefan Smit wat ons die meeste bekoor het. Kort op sy hakke was Jancke van Eck en Mary Dean wat die eerste prys vir mej Baba O’lyfie gedeel het.
Persoonlik het ek die meeste pret gehad om Mnr en Mej O’lyfie te kies want die optog van deftige paartjies het vir my laat dink dat ek binnekort self oupa gaan word. Na 'n lang gesukkel besluit ons om Charl Venter en Letoney van Sensie as die twee wenners aan te wys. Al is sy nie 'n baba-tjie nie, behoort Chantelle Freysen ook 'n prys te gewen het as beste organiseerder want alles het so vlot verloop.
Daar is geen twyfel dat hierdie kompetisie elke jaar groot byval vind en die borge van die geleentheid moet vir hulle vrygewigheid hartelik bedank word. Hulle is: Pep Stores, Swartberg Slaghuis, Lucky Seven, Mai’s B&B, PA Motors, BP Garage, Maydays, Koggelmander, die Poskantoor, Avroy Shlain, die Toerismekantoor, Studio Chris, Bergwater, Soet Karoo en Pam Wessels.
Saturday, May 31, 2008
Die Mooiste Babas in die Land
Posted by
Prince Albert Friend
at
9:15 PM
0
comments
Monday, March 31, 2008
DORPS- EN OLYFFEES KOM!

- Jeremy Freemantle/Henriette van Zyl -
Dit is amper weer tyd vir Prince Albert se jaarlikse Dorps- en Olyffees en vanjaar se fees beloof om nog beter en lekkerder te wees as laasjaar. Die fees begin Vrydag 25 April en duur tot Maandag 28ste.
Die organiseerders sê hulle gaan voortbou op die weghol-sukses van 2007 se fees deur weer eens die klem te plaas op plaaslike kreatiwiteit, produkte, talent, ondernemerskap en gasvryheid. Voorsitter Bokkie Botha sê deur 2007 se wenresep te behou en daarop voort te bou sal daar definitief iets vir een en almal se smaak wees. Bokkie sê hoewel daar heelwat te vier is, is daar nog steeds ernstige sosio-ekonomiese probleme wat aandag moet geniet. Hy vra dat inwoners vanjaar hulle harte oopmaak in ‘n opregte gees van eenheid en om waarlik te deel in en saam te werk met die fees. Wandelings deur die dorp sal besoekers kans gee om plaaslike kuns, handwerk, ongewone winkels en interessante versamelings te waardeer. En natuurlik sal daar ‘n groot verskeidenheid stalletjies in die hoofstraat wees. Die koördineerder van die stalletjies, Lisa Smith sê die fees is vir ALMAL en gaan oor vriendskap en gasvryheid.
Die besigtigingstoere deur sekere huise en tuine gaan besoekers ook weer kans gee om te deel in die dorp se unieke argitektuur, ongewone huise en interessante tuine.
Die immergewilde storieverteller Antoi-nette Pienaar is weer terug vanjaar. Sowel sy as haar mentor, oom Johannes, het ‘n baie sagte plekkie vir Prince Albert. En natuurlik moet ons eie storieverteller, Ailsa Tudhope, nie agterweë gelaat word nie. Soos verlede jaar gaan sy weer stories, legendes en staaltjies van verloë dae met feesgangers deel. En moenie vergeet van die geskiedundige, botaniese, argeologiese en kuns-toere en praatjies deur kundiges nie.
Wat betref vermaak is daar ‘n vol program. Prince Albert se “Patchwork” Teater, waarvan al die vertonings verlede jaar uitverkoop was, bied vanjaar “Treasure Island” aan. Die veelsydig akteur, Bryan van Niekerk, bied ‘n toneelstuk aan vir kinders, en wees gewaarsku – ‘n toneelstuk slegs vir volwassenes. Kabaretster, Leon Buchner, is ook weer terug met Jacques Brel, ‘n fliekfees word beplan, met die hoogtepunte Jans Rautenbach se “Katrien” en “Die Kandidaat”. Die flieke sal gehou word in die nuwe teater wat na hom vernoem is.
Musiek gaan natuurlik ook weer deel vorm van die Fees. Ons eie Brain Finch bring elke middag hulde aan Bob Dylan en saans gaan hy mense se voete laat jeuk. Vermaak-koördineerder Imke Maeyer sê nie net gaan die Riebeek Kasteel “ Steel Band” optree nie, hulle gaan ook ‘n werkswinkel vir die jonges aanbied. Die Kieliebeentjies-orkes gaan aan Afrikaans aandag gee om geld in te samel vir Hoërskool Zwartberg. En wat sal ‘n fees nou wees sonder die Kaapse Klopse?
Om absoluut seker te maak dat niemand verveeld is nie, word blomme-uitstallings, vlam-dansers, ‘n fotografiese uitstalling en Mnr en Mej O’lyfie aangebied. Jong mense hoef nie afgeskeep te voel nie, want vir hulle gaan daar ook iets wees. Benewens ‘n sterkman-kompetisie, word ‘n pret-loop gehou en word gesoek na die Groot Karoo se olyfpit-spoegkampioen. Of dalk is jy lus om te leer oor witblits – stook. Of wat van ‘n sterrekyk-toer?
Die feesprogram sal voor die Fees beskikbaar wees op die Toerismeburo se webwerf: www.patourism.co.za asook in die vroeë April-uitgawe van die vriend.
Vir verdere inligting kan die Toerismekantoor gekontak word op
023 5411 366 of per e-pos by:
princealberttourism[@]intekom.co.za.
Posted by
Prince Albert Friend
at
11:14 PM
0
comments
Labels: Fees, Festival, Olive Festival, Olyffees
Wednesday, May 30, 2007
Lord Oom Piet
- Japie Gouws -
Op die koue Sondagaand van die Dorps- en Olyffees maak ‘n brandende swart stofie die ontvangs-lokaal van die Berg-waterkelder heerlik warm. Die vriendelike Stefaan en Chantal Schoeman, eienaars van Bergwater, speel self gasheer en gasvrou en bederf fliek-gangers met hul wonderlike wyne. Mense met piekniekmandjies, peuselgoed, komberse, kussings, jasse, serpe en mussies bewonder die wonderlike vroeë winter-sonsondergang in die Prince Albert Vallei en kuier heerlik op die stoepe, op die gras en binne die pragtige lokale.
Die tafel is gedek vir die aanbieding van “Lord Oom Piet”. Die belangstelling vir hierdie kultusfilm van Jamie Uys wat dateer uit 1962, oortref almal se verwagtinge. Die stoele raak te min an elke kantoorstoel, al die tuinbankies en naderhand selfs wynkratte, word ingedra om vir almal ‘n sitplekkie te kry. Sommige maak hulle op die vloer tuis met kussings en komberse. Toe die ligte afgesit word, is daar selfs ‘n paar fliekvlooie op die groot konferensie-saal! Baie het al van die fliek gehoor, ‘n paar het dit gesien en van die jongeres weet nie eens van Jamie Uys nie! Maar almal is in afwagting vir dit wat gaan kom.
Vir ‘n uur en ‘n half sit Afrikaans en Engels, jonk en oud, vasgenael en kyk hoekom Jamie Uys as ‘n meester-fliekmaker bekend is. Die storie oor NAT en SAP politiek, die skreeusnaakse situasies, is tipies Suid-Afrikaans. Daar is goeie spel, bekende akteurs uit ‘n vorige eeu, interessante musiekverwerkings van Afrikaanse musiek, puik fotografie en selfs ‘n gasoptreded deur die internasionale sangpaar Webster Booth en Anne Ziegler. Seker een van die bekendste tonele uit die Suid-Afrikaanse movie-wêreld – waar Jamie Uys in sy Skotse rokkie verskyn en sê – “Laat net één donner lag!”, het weer eens die gewenste uitwerking in hierdie storie vol komedie en sosiale lesse. Die film, met sy gelukkige einde as Boer en Brit se kinders op mekaar verlief raak, bring heimwee vir dié rondom vyftig, is interessant en steeds snaaks vir die jongeres ... Die lekker kuier vooraf, die mooie venue, die uitstekende wyn, die gawe fliek – die aand was ‘n reuse sukses! Kom ons maak volgende jaar weer so!
Posted by
Prince Albert Friend
at
9:39 PM
1 comments
Labels: Fees, Lord Oom Piet
Wednesday, April 11, 2007
Prince Albert Town and Olive Festival Edition
The Prince Albert Town and Olive Festival edition of the Prince Albert Friend has just gone to the printers, and it is truly a bumper edition. In fact it's a record breaking 44 pages!
Inside you will find a huge collection of local news, information on festival events and interesting history tidbits on Prince Albert and the historic buildings that abounds. More importantly you'll get the complete Town and Olive Festival program and map, which will be essential to find your way to the various events. The festival edition of the Friend should be available from the 20th of April at a cost of R5.
This year's Town and Olive Festival promises to be jam packed with activities for young and old, and focuses on local produce and residents showcasing their diverse expertise and arts and crafts. To whet your appetite your appetite here's a list of some of the delights on offer.
[Please note: Event times are subject to change]
Antoinette hou Konsert
Antoinette Pienaar was in 1995 die eerste ontvanger van die Herrieprys op die KKNK en het sedertdien talle feeste bygewoon en deur die land getoer met haar sak vol stories.
Hierdie veelsydige kunstenaar en radio-persoonlikheid kom hou konsert by die Prince Albert Dorps- en Olyffees. Sy vertel, met haar unieke Karoo-humor, hoe Karoo-vroue van die stres van werk en huwelik ontslae raak deur saam te gaan hout maak, terwyl sy tussendeur sing en haarself op die kitaar begelei. Haar stories is skreeusnaaks, maar dit roer ook die hartsnare en bied insig in die wel en weë van die lewe.
Sy tree op Saterdag 28 April om 17h00 in die NG Kerksaal.
Kruie is Koning
Antoinette Pienaar is baie gewild vir haar Saterdagoggend-kruiepraatjie op RSG. Tydens die fees kom sy vertel van haar en die 91-jarige oom Johannes Willemse se lewe op Theefontein, die veepos waar hulle nou al vyf jaar lank bly en die Karoo se veldkruie bestudeer. Vir elke skeet en kwaal het Antoinette ‘n ou raat of resep en sy vertel met oorgawe van die eetkruie wat jy in jou tuin moet plant om jou gesond te hou.
Tussendeur is daar vermaaklike brokkies oor jakkalsbos en vergeetwortels en wat die lewe op ‘n veepos behels in die jaar 2007. Kom geniet ‘n gesellige oggend saam met die Bossiedokter en sy Nurse op Sondag 29 April om 09h30 -10h30 in die Dam by die Museum.
The Somerset College Jazz Band
The Somerset College Jazz Band, comprising of 17 members, was started in 2004 by Simon Chapman, Director of Music at Somerset College. They play popular and African-Jazz music in the style of Big Band Swing music, using the classic line-up of saxophones, trumpets and trombones, backed up with a rhythm section including flutes and clarinets. For their performance at the festival they will be accompanied by members of the Siyacula Community Choir of Somerset West – a choir that was started four years ago by Marijke Roos, well-known piano and vocal teacher.
This is the second time the band will be performing in Prince Albert and all the members are happy to be part of the festival.
They will be playing on Lisa’s Verandah at Onse Rus and at the Garden Terrace at the Swartberg Hotel, as well as at the VGK Hall.
Gamkaskloof se Raaisels
In April 1965 dokumenteer Brian du Toit en sy span studente die volkskultuur van die geïsoleerde Gamkaskloof-gemeenskap van 100 siele. Die 200 raaisels wat hulle toe opgeteken het, kom onlangs onder die aandag vanplaaslike kunstenaar Christine Thomas, en bly by haar spook.
Sy het pas ses Raaisel-skilderye voltooi en feesgangers word uitgenooi om die doeke te bekyk en die oplossings te soek. Daar is ‘n insiggewende Raaiselboekie te koop, wat jare se plesier sal verskaf…
Die uitstalling is ingesluit by die snuffeljag-kompetisie, so kom neem deel!
Dis kuns, dis pret, dis ‘n fees!
Kom snuffeljag en vind gou uit
In elke doek is daar iets te lees!
Children’s Art Decoded - Christine Thomas
Christine Thomas is ‘n afgetrede skoolhoof en kunsdosent. Sy woon en werk op Prince Albert en is met oorgawe en toewyding betrokke by die Prince Albert Kinderkunsprojek. Kom luister gerus na haar feespraatjie oor “Children’s Art Decoded”. Jy sal jou verwonder en verstom oor wat jy alles uit die voorbeelde sal leer!
Saterdag 28 April: Children’s Art Decoded
Tyd: 12h00 – 13h00
Plek: St John’s Saal
Prys: R20
The Wizard of Oz
Well-known Children’s Tales
Patchwork Theatre is a Theatrical Troupe of local children under the expert direction of Tracy Swanepoel and Carol Campbell. They have delighted local audiences with their acting, singing and mime in a number of productions, including extracts from Oliver and For the Love of Seven Dolls; a production of Oklahoma and The Prince Albert Story. This will be their first appearance at the Prince Albert Town and Olive Festival and their enthusiasm, energy and professionalism is bound to enchant visitors and locals alike. The Wizard of Oz and their lively reading of popular children’s tales will provide sparkling interludes for children of all ages!
Patchwork Theater is ‘n toneelgroep wat bestaan uit plaaslike kinders onder die kundige spelleiding van Tracy Swanepoel en Carol Campbell. Hulle het al talle harte gewen met hul opvoerings van Oliver, For the Love of Seven Dolls, Oklahoma en The Prince Albert Story.
Hierdie jaar neem hulle vir die eerste keer deel aan die Prince Albert Dorps- en Olyffees en die entoesiasme en energie borrel behoorlik oor! Besoekers sal nou saam met inwoners die geleentheid hê om hierdie groep se professionele optrede na waarde te skat as hulle na The Wizard of Oz kom kyk.
Patchwork Theater gaan ook bekende kinderverhale al lesend “opvoer” – hul oorgawe en sprankel sal kinders van alle ouderdomme vermaak!
Friday 27th, Saturday 28th, Sunday 29th April: Well-known Children’s Tales
Time: 17h00 -17h30
Venue: St John’s Church Hall
Price: R5
Saturday 28th, Sunday 29th April: The Wizard of Oz
Time: 11h30 – 12h30
Venue: St John’s Church Hall
Price: R10
Monday 30th April: The Wizard of Oz
Time: 10h00 – 11h00
Venue: St John’s Church Hall
Price: R10
The Gates of Consciousness
Picnic at Tierberg
Scholtzkloof Private Museum and Rock Art
Judy Maguire, of the farm Scholtzkloof, is a palaeontologist with 30 years’ experience. She made a study of the survival strategies and food plants of the !Xo Bushmen of western Botswana and is presently a Heritage Resource Trainer
and Inspector at the Taung and Cradle of Humankind World Heritage Sites respectively. She offers three unique experiences during the festival.
Judy Maguire van die plaas Scholtzkloof is reeds vir 30 jaar ‘n paleontoloog.
Sy het ‘n intensiewe gemaak van die oorlewingstrategiëe en voedselplante van die !Xo Boesmans van die weste van Botswana en is tans Erfenisbronopleier by die Taung en en Inspekteur by die Wieg van die Mensdom.
Sy bied drie unieke belewenisse gedurende die fees.
Friday, 27th April: “The Gates of Consciousness – San Trance dancing and its connection with painted images”. This lecture focuses on San beliefs and religious practices, especially their use of trance dancing and altered states of consciousness. The relationship between religious beliefs, trance and their painted and engraved images is discussed and put into the context of the San world view as recorded in the 19th century and as a result of contemporary ethnological studies.
Hierdie lesing fokus op die San se gelowe en geloofsuitlewing, veral deur gebruik van hipnotiese toestande en beswymingsdanse. Die verhouding tussen geloof, beswyming en hulle tekeninge en graverings word bespreek aan die hand van kontemporêre etnologiese studies en in die konteks van die San se 19de eeuse wêreldbeskouing.
Time: 19h00 – 20h30
Venue: NG Kerksaal
Price: R20
Saturday, 28th April: Picnic at Tierberg Bushman/Archaeological Site. This site is 40 km out of town and the outing takes about 3 hours. Participants must have their own transport and park in Pastorie Street. Bring own water and picnic baskets, wear closed shoes and sun block. At the museum we see the displays first, then depart for Tierberg, stopping to look at Karoo ecology and geology en-route. At Tierberg we visit a stone tool factory and rock art panels. We enjoy our picnic and return to town.
Hierdie terrein is 40km buite die dorp en die uitstappie neem 3 ure. Deelnemers moet eie vervoer, piekniekmandjies en water hê; dra asb toe skoene en sonblok en parkeer in Pastoriestraat. Die uitstappie begin by die uitstalling in die museum, waarna almal saam vertrek na Tierberg en langs die pad die Karoo ekologie en geologie bekyk. By Tierberg besoek ons ‘n klipwerktuigfabriek en rotskunspanele. Daarna hou ons piekniek en kom terug dorp toe.
Time: 09h00 – 12h30
Venue: Meet in front of Museum
Price: R25
Sunday, 29th April: Scholtzkloof Fossils and Rock Art
Participants must have their own transport and come out to Scholtzkloof farm which is about 9 km outside the village. Wear closed shoes and sun block, have their own water. Visit Judy’s detailed private museum, which will take them through the SA archaeological sequence. See San artifacts on display and experience a fire-making tool demonstration. Visitors are taken up a kloof, passing some fossil exposures, to see a rock art site. Tea will be served back at the house.
Deelnemers moet eie vervoer en water hê; dra asb toe skoene en sonblok.
Scholtzkloof plaas is ongeveer 9km buite die dorp. Hier besoek ons Judy se indrukwekkende private museum wat ons deur die SA argeologiese geskiedenis sal neem. Ons besigtig‘n uitstalling van San gebruiksartikels en beleef ‘n vuurmaak-gereedskap demonstrasie. Daarna stap ons die kloof op, verby blootgelegde fossiele en besoek rotskuns. Tee word by die huis bedien.
Time: 09h00 – 12h00
Venue: Scholtzkloof
Price: R30
Rooikamp Walk
Elizabeth (Baba) Lekay was born in a part of Prince Albert called “Die Rooikamp” in 1936, where she lived until she and her husband Hekkie and their three children were evicted to “North End” during the apartheid regime. On her Rooikamp Walk Baba points out the beacons of her life… tells of the “good old days”, of the hardships, the traumas… and how she survived to tell her courageous and touching story today. Her memoirs can be read in Prince Albert Kweekvallei: Landmark events, colourful characters and the lifestyle of an historic Karoo town.
Elizabeth (Baba) Lekay was born in a part of Prince Albert called “Die Rooikamp” in 1936, where she lived until she and her husband Hekkie and their three children were evicted to “North End” during the apartheid regime. On her Rooikamp Walk Baba points out the beacons of her life… tells of the “good old days”, of the hardships, the traumas… and how she survived to tell her courageous and touching story today. Her memoirs can be read in Prince Albert Kweekvallei: Landmark events, colourful characters and the lifestyle of an historic Karoo town.
Friday, 27th April: Rooikamp Walk
Time: 16h00 – 17h30
Venue: Meet at “Oppiehoek”
Price: R20
Saturday, 28th April: Rooikamp Walk
Time: 11h30 – 13h00
Venue: Meet at “Oppiehoek”
Price: R20
Sunday, 29th April: Rooikamp Walk
Time: 16h00 -17h00
Venue: Meet at “Oppiehoek”
Price: R20
Taste and Talk SoetKaroo
Herman and Susan Perold moved from the Cape winelands to the little Karoo village of Prince Albert after falling in love with an old Cape Dutch house with “1841” on the front gable. In the 19th Century, the original owner of the land, Michael Combrinck, produced fruit and grapes and made wine and brandy. Now, in the 21st Century, the Perolds cultivate a small vineyard and make a fortified dessert wine appropriately called SoetKaroo.
The vines were planted in 2000, the maiden vintage of SoetKaroo bottled in 2004. To everyone’s delight, it won a Double Gold medal at the 2005 Michelangelo International Wine Awards. If it is not the smallest winery in South Africa, it is definitely the biggest in the main road of Prince Albert!
Visitors are welcome to see the vineyard and what’s happening in the little cellar, and, of course, to taste the wine!
Saturday 28th April: Taste and Talk SoetKaroo
Time: 17h00 – 18h00
Venue: 57 Kerkstraat
Price: Entrance free
Wolwekraal Revisited / Koppie Walk at Sunset / Koppie walk at Sunrise
Sue Milton, Professor of Conservation Ecology, and her husband, ornithologist Richard Dean, have studied the effects of rainfall and grazing on plants and birds on the farm Tierberg for the past 20 years. They now own a piece of Karoo veld on Wolwekraal near Prince Abert – where they are developing an indigenous seed production and nursery business. They will offer educational and recreational walks here to reveal some of the little known mysteries of the Karoo veld. The book Karoo veld – Ecology and Management will be for sale during the festival at Tru-Karoo Art Shop where you can also meet Sue amongst the plants she has propagated.
Sue’s other activity during the festival will be exploring the Robert Gordon Koppie Trail with its magical history and unique plant life, including the endemic Bijlia dilitata. Come and enjoy this stunning experience with its spectacular vistas – you can choose between sunset or sunrise.
Sue Milton, professor in Bewaringsekologie, en haar man, ornitoloog Richard Dean, bestudeer reeds 20 jaar lank die effek van reënval en beweiding op plant- en dierelewe op Tierberg. Onlangs het hulle die eienaars geword van hul eie stukkie Karooveld naby Prince Albert, waar hulle ‘n inheemse saadkwekery ontwikkel. Hier, op Wolwekraal, beoog hulle om opvoedkundige en ontspanningsuitstappies aan te bied en die Karooveld se geheime met ons te deel. Die boek Karooveld Ekologie en Bestuur sal gedurende die fees by die Tru-Karoo kunswinkel te koop wees, waar Sue ook persoonlik van haar plante sal verkoop.
Gedurende die fees sal Sue saam met feesgangers die geskiedkundige Robert Gordon Koppie staproete met sy unieke plantlewe verken, wat die endemiese Bijlia dilatata insluit.
Kom geniet hierdie asemrowende ervaring met die oneindige uitsigte – jy kan self kies: sonsopkoms of sonsondergang.
Saturday, 28th April: Wolwekraal revisited
Time: 10h30 – 13h00
Venue: Meet at Oppiehoek
Price: R25
Saturday, 28th April: Sunset Koppie Walk
Time: 17h00 – 18h30
Venue: Meet at Robert Gordon Koppie
Price: R25
Sunday, 29th April: Sunrise Koppie Walk
Time: 07h00 – 08h30
Venue: Meet at Robert Gordon Koppie
Price: R25
Feesdiens
Die NG Kerk op Prince Albert is deel van die Prince Albert Dorps- en Olyffees op Sondag, 29 April. Om 9h30 die oggend is daar ‘n Feesdiens met die tema: “Met God is die lewe liefde en ‘n fees.”
Die pragtige kerk, een van die 18 Nasionale Gedenkwaardighede in die dorp, sal vir die duur van die fees getooi wees in letterlik duisende feestelike blomme. Die deure sal elke dag van die fees wyd oop staan vir stille aanbidding en meditasie – en feesgangers die ruimte bied om rustig te wees te midde van al die feesbedrywigheid.
Massakoor/Mass Choir
Die Nuwe Apostoliese Kerkkoor van Kuilsrivier, met 120 stemme, orkes en orrel, staan onder leiding van Louis Diedericks. Hulle tree op by die Prince Albert Dorps- en Olyffees op Sondag, 29 April (14h00 tot 15h30) in die NG Kerk. Hier is ‘n geleentheid om ‘n uitstekende koor te hoor optree… Hulle sing Mozart, Handel…. Tradisionele Xhosa, Afrikaanse en Spirituele Negerliedjies… Psalm 150… I’ll walk with God… Kom deel in die vreugde en vrede van hul uitvoering.
Na hul optrede sal daar ‘n 15 minute pouse wees en dan volg ‘n Orreluitvoering deur dr Noel-Jean Kriel (17h45 tot 19h00).
The New Apostolic Church Choir, with 120 voices, orchestra and organ, is conducted by Louis Diedericks. They have a well-proven track record, so do not miss this opportunity to hear them sing Mozart, Handel… Traditional Xhosa, Afrikaans and Negro Spiritual songs… Psalm 150, I’ll walk with God…Come and share in the joy and peace of their performance in a church festively decorated with flowers.
After a fifteen minute break, Dr Noel-Jean Kriel will give an organ recital (17h45 to 19h00).
Date: Sunday, 29th April
Time: 14h00 – 15h30
Venue: Dutch Reformed Church
Price: Donations at the door
Historic Walk / Minerals explained
Lydia Barrella has lived in PA for 22 years. She is known for her determination to protect the cultural and historic character of our town. On her Historic Walk she will share her vast knowledge of our town’s prescious buildings and architecture with you. Wear comfortable shoes and a hat, bring water with and don’t forget the sun block! Lydia is also a keen collector of minerals. See her astonishing collection as she talks you through their intricate but orderly structures. Watch minerals glowing in the dark – and be ever impressed and mesmerized!
The Prince Albert Town and Olive festival is not to be missed and runs from 14h00 Friday 27th April to 12h00 Monday 30th April.
See you there... and don't forget to get your Festival edition of the Prince Albert Friend!
Posted by
Prince Albert Friend
at
9:36 PM
0
comments
Labels: Dorpsfees, Fees, Festival, Olive Festival, Olyffees, Town Festival
