Tuesday, January 30, 2007

Oud maar nog nie koud!

-Christelene Esterhuizen-
Die Golden Games Klubstruis-ponies het tydens die Golden Games 2006 uitgeblink. Tydens, die 2006 Provinsiale Spele, het ons weer verower. Die Sentrale Karoo Distrik Span was derde in die hele Wes-Kaap. Harry Afrika, ons Provinsiale wenner, het ‘n eerste plek gekry, asook ‘n goue medalje en goue beker vir Clock Golf for men en ‘n goue medalje vir deelname aan gemeenskapsaktiwiteite.

Elizabeth LeKay en Elfred Voetpad het ook goue medaljes verower, vir deelname aan geneemskapsaktiwiteite. Hul afrigter; Hoof Intern Christeline Esterhuizen, het ook vir die Golden Games 2006 Fun Walk ‘n brons medalje en ‘n goue medalje vir deelname aan die geneemskapsaktiwiteite, verower. In die jaar 2007 gaan ons nog meer verbeter.

Die 2de November 2006 was daar ‘n Mnr & Mej Golden Games 2006 gehou. Die volgende wenners was gekroon:
Mnr. Golden Games :
R.Kelly deur Anna Paulsen
Mej. Golden Games :
Alvéka Voetnix deur Alfred Voetpad
1ste Prins :
Brad Pitt deur Elizabeth LeKay
1ste Prinses:
Beyounce Billby deur Barend Botes
2de Prins:
Riaan Cloete deur Rosia Piedt
2de prinses:
Charlize Theron deur Piet Frieslaar

Klub Struisponies wil almal wat ‘n bydrae gemaak het, om ‘n sukses van die Golden Games 2006 te maak, bedank.

Ons bedank die volgende persone:
Mev. L. Solomons, Mev. G. Van Hasselt, Mev. R. Roberts, Mev. M. Botes, Mej. K. van der Mesch, Mev. D. Mooneys, Superspar, Mnr. D. Rossouw.
‘n Spesiale dank aan Mnr. C. Solomons en Mev. M. Benjamin ons Onderburgemeester, Mnr. A. April, die P.A Munisipaliteit en Mnr & Mev. Begg vir hul gasvryheid.

Baie dankie aan Mnr. J. du Toit, van Huis Kweekvallei, wat ons tydens hul funksies ingepas het asook vir die PAAK. Mnr. G. Lottering baie dankie ook vir die ywer om ons na jul funksie uit te nooi. Ons vertrou dat ons hierdie jaar nouer sal saamwerk met die hele Prince Albert.

Die Golden Games is hoofsaaklik vir alle persone bo 60 jaar en ouer gestig. Ons nooi almal uit om ons aktiwiteite te kom beproef. U as bejaardes kan nog altyd voorbeeldige leiers vir ons as jeudiges wees. As u nog nooit in sport tydens u jeugjare uitgeblink het nie, is dit nou ‘n geleentheid om meer aktief te wees en goeie gesondheid te geniet.

Ons wens u almal ‘n voorspoedige nuwe jaar toe. Lees Hebreërs 11 vanaf vers 1-3. Adios, may God bless and help you.

No comments: