Tuesday, January 30, 2007

PA Primêr verbind tot bewaring

- J.C.Minnaar -

Die Departement van Bewaringsekologie en Entomologie (Universiteit van Stellenbosch) het 'n uitgesoekte groepie gr. 8 – leerders se natuurdors met 'n tweedaagse veldskool te Mountain View ( Karoo Nasionale Park) tydens November 2006, geles.

Danksy dr. Sue Milton, wat vir die af-gelope 14 jaar die skool onder voogskap geneem het, kon hierdie uitstappie soos vele ander in die verlede, ook ‘n werklikheid word. Die veldgids, mnr Jan Jacobs, het soos gewoonlik, met sy geesdriftige aan-bieding, die leerders in vervoering gehad. Sy ryke kennis van die endemiese flora van die Nuweveldberge het hierdie groepie tot groter bewaringsbewustheid aangespoor.

No comments: