- Jan Bothma -
Die gedagte van ’n uitreikaksie tussen “Noord” en “Suid” bestaan al lankal in Prince Albert, maar noudat die plaaslike VGK gemeente ’n nuwe leraar het in ds Nico Cloete, begin die uitreikaksie daadwerklik gestalte gekry – veral ook ná die toeligting deur mev Ilse Koorts van Badisa oor die kritieke afmetings wat sekere verkeerde praktyke in ons gemeenskap aanneem en hoe haglik maatskaplike omstandighede is.
Die uitreikgroep het al twee Sondagmiddae saam met ds Chris Briers en ds Cloete van huis tot huis besoek gaan aflê. Hoewel van die gemeentelede maar skrikkerig was vir hierdie nuwe ervaring, het die Here hulle vooruitgegaan en hulle het by elke huis ’n wonderlike ontvangs gehad. Die geestelike behoefte was baie duidelik. Een man het gesê dat hy aan sy kinderdae terugdink toe die ouderling en diaken nog kom huisbesoek doen het. ’n Vrou, wat eens diaken en ouderling was en ook Sondagskool gegee het, het vertel hoe sy ná haar man se dood saam met ’n ander begin bly het en nooit meer in die kerk kom nie - maar niemand van die kerk besoek haar ooit nie. Sy het behoefte daaraan.
Wat ook wonderlik was, was die entoesiasme waarmee die groep van die VGK met die mense by die besoekpunte gepraat het en hoe hulle die NGK besoekers betrek het. Die boodskap was: Ons werk interkerklik en dit gaan daaroor om Jesus se Naam uit te dra en te wys daar word vir alle mense omgegee.
Ter nabetragting is besluit:
▪ Die jeug moet by hierdie aksie betrek word
▪ Alle ander kerke moet betrek word
▪ Die hande en voete en monde is te min om die werk te doen
▪ Skriftelike lektuur moet by mense gelaat word
▪ Daar moet opvolgbesoeke gedoen word
▪ Die uitreikaksie moet groei en nie doodloop nie
Met die tweede uitreik het die jeug en ook lidmate van ander kerke meegedoen - en dit is baie bemoedigend, want die aksie gaan nie daarom om lidmate vir enige kerk te werf nie. Die doel is om Jesus Christus se Woord uit te dra; om te sê en te wys dat ons Jesus se opdrag uitleef om vir Hom lief wees en vir mekaar om te gee en na mekaar uit te reik.
Intussen is Bybelboekies bekom en dit sal baie goed gebruik word.
Almal wat deel wil wees van die uitreikgroep, word genooi om in te skakel. Hetsy deur straatwerk te doen, deur voorbidding, morele onderskraging of finansiële steun – elke bydrae is van ewe groot waarde.
Belangstellendes kan meer inligting bekom by:
die NGK kantoor 023 541 1510
of die VGK kantoor 023 541 1483.
Showing posts with label Kerk. Show all posts

Thursday, July 31, 2008
Prince Albert Kerke se Uitreikaksie
Posted by
Prince Albert Friend
at
7:27 PM
0
comments
Sunday, June 29, 2008
Designer Labels
Designer Labels
Die Jeug is tog nie so verkeerd nie!
Die Jeug is tog nie so verkeerd nie!
- Lettie Breytenbach -
Almal wat met kinders/jongmense winkels toe gaan is sekerlik oorbekend met die missie van…designer labels. So ‘n inkopietog kan in ‘n nagmerrie of gesinskonflik ontaard as Boetie nou nie daardie korrekte etiket tekkies, Sussie nie die Hip-Hoprokkie (meeste van die tyd ook maar virtueelwerklik) kry nie!
As Pa dan nou ook nog aandring op daardie Wrangler-jeans–en nr!, maar intussen het die omtrek gerek, Ma soek net daardie spesifieke onderlaag en Kleinstetjie wil die nuutste in Nintendo-tegnologie, en niks anders nie, hê; is Something Fishy regtig something fishy.
Pa, Ma en Kleinstetjie mag moontlik nog “tot later” oorreed word … maar die tieners nooit en die labels is belangrik … al lyk Boetie se skoensole soos trekkerbande wat deur hoogwater moet loop en Sussie se skoenpunte goed vir goggas doodtrap in die hoek! “Almal dra dit Ma…moet tog nie so outyds wees nie!”
My standpunt was altyd: “Dare to be different”, moenie so konformerend wees dat jy in die bondel verdwyn nie. Jy is uniek geskape, met besondere gawes en talente, gebruik dit om ‘n verskil te maak. Gesagsfigure in die Bybel en deur die geskiedenis het juis dit gedoen. Maar…die gelykenis van die groot maaltyd in Matt.2.1-14/Luk.14.15-22 konfronteer hierdie denke.
Dit was die gebruik dat die gasheer sy gaste elkeen met ‘n bruilofskleed voorsien by die deur, sodat almal feestelik eenders sou wees; geen verskil tussen ryk en arm. Die enkeling wat binnegesluip het met sy eie unieke kleding het soos ‘n groot puisie uitgestaan…het nie ingepas in die omgewing nie. Die kruks van die saak is, vir die fees saam met die Koning moet jy designer label klere dra; klere wat wit gewas is in die bloed van die Lam (Jesus) (Open.7:14). In die storie was baie uitgenooi, maar min het die uitnodiging aanvaar, daar was so baie geldige verskonings.
Uitnodigings word nou nog gerig. In Open.5:4-5 lees ons dat die wat hulle uitnodiging aanvaar geklee word met wit klere. Meer nog, hulle name word in ‘n gasteboek, die Boek van die Lewe, verewig.
En die menigte wat die fees bywoon is vrolik, hulle is bly dat hulle die uitnodiging aanvaar het, “redding kom van God” roep hulle uit en waai palmtakke, die designer labels was reg … merk van die Lam.
Die jeug is reg. Designer labels is belangrik…baie belangrik. Gaan net na die regte shopping mall en kry die gratis specials by ‘n eerlike boetiek, Jesus en sy Kerk.

9:41 PM
0
comments
Labels: Kerk
Subscribe to:
Posts (Atom)