Showing posts with label Prince Albert Skou. Show all posts
Showing posts with label Prince Albert Skou. Show all posts

Thursday, October 30, 2008

Landbouskou 'n Treffer

- Bianca Marais -

Prince Albert Landbougenootskap is trots op die skou wat hulle van 10 tot 11 Oktober kon aanbied. Piet Kleyn van die KKK wat die skou geopen het, het bevestig dat dit ‘n skou van gehalte was, en dat dit goed ondersteun. Die skouterrein was baie goed voorberei en het pragtig gelyk. Een aspek wat kommentaar uitgelok het was die besonder hoë gehalte van die diere wat vertoon is. Donderdag was daar ‘n boerbok kursus wat goeie ondersteuning ontvang het. Die Landbousaal was vol stalletjies en buite was daar nog meer, asook nywerheidsuitstallings. Van die beste saal- en boerperde in Suid-Afrika is vertoon en dit was ‘n lus vir die oog om te kon sien.

Die kleintjies het hulle Saterdag gate uit geniet met die koekbakkery. ‘n Hoogtepunt was ook die modeparade van trourokke en professionele ontwerpersrokke, asook rokke van ons voormalige mej. Tiener, Bertha le Roux.

Die bestuur en almal wat gehelp het kan trots wees op hulle werk wat vir die groot sukses van die 2008 skou gesorg het. Die organiseerders het hulle dankbaarheid aan een en elke vertoner en borg, asook die gemeenskap wat die skou ondersteun het, uitgespreek.

Hulle het ook laat weet dat hulle in 2009 nog groter hoogtes sal probreer bereik deur byvoorbeeld die hele gemeenskap van Prince Albert en omgewing aan te moedig om aan die skou deel te neem.

Thursday, July 31, 2008

Ons Landbou Skoukoningin 2008!

- Anschen Marais -

Op 19 Julie was dit weer ons kroning van die Prince Albert Skoukoningin 2008 en haar twee prinsesse. Ons deelnemers het die taak vir die beoordeelaars omtrent moeilik gemaak. Ons wil graag die beoordeelaars, naamlik Miems Theron, Sandra Esterhuyse, Hestie Fourie en André Jaquet, wat hulle uitstekend van hulle taak gekwyt het, bedank. Christene Grové was ook wenner van die “Mooiste rok” kompetisie, terwyl Therene Fourie as Mej Persoonlikheid gekies.

Duisende dankies aan die borge, sonder julle sou ons nie pryse kon gee aan ons wenners nie: Verité-Ann du Toit, Marelize Vorster, Diana Koorts, Johanna Luttig, Bianca Marais, Stefaan Schoeman van Bergwater Landgoed en Ronel Fourie.

Sunday, November 11, 2007

Prince Albert Skou

-L Myburgh-

Prince Albert Landbougenootskap se belangrikste datum van die jaar was 12 &13 Oktober 2007 en ons is trots om te sê dat ons skou weereens ‘n groot sukses was. Baie harde werk en slapelose nagte gaan in die beplanning van so ‘n skou, maar op die ou end pluk ieder en elk die vrugte van sukses.

Donderdagaand het ons die skou amptelik geopen met die Borge en Vertoners-onthaal en ons gasspreker was Christoff Cloete van Agri Wes-Kaap. Die jaar het ons, soos in die verlede, ons jaarlikse Boerbok Interstreek Kampioenskap, Dorper Kampioenskap en Merino Kampioenskap gehad wat boere van heinde en verre gelok het om met hul skou diere te spog en kompeteer. Ten spyte van die feit dat Uniondale se skou dieselfde naweek as ons skou was, was die kampioenskappe steeds ‘n sukses en ons het selfs boere van Uniondale distrik gehad wat met hul diere op ons skou kom spog het.

Die Vrydag aand was die hoogtepunt van die skou met ons steakete en nie minder nie as drie gaskunstenaars, waaronder die gewilde Wynand Windpomp getel het. Die ander twee kunstenaars was Jaycee en Karlien Husselman wat die mense op hulle tone gehad het op die dansvloer. Die gaskunstenaars het definitief tot die sukses van die skou bygedra.

Saterdag se program was ook propvol. Die quadbike “funrun” het weer plaas gevind en raak elke jaar net groter en lok al hoe meer mense. Die Jannie de Bruyn vertoning het groot en klein vermaak en hy bly die beste in sy gebied. Weereens dankie oom Jannie! Ons volley ball kompetisie het ook ‘n paar dapperes gehad waarvan sommiges so bietjie in die stof gebyt het, maar almal het dit geniet.

Die aand het ons die skou afgesluit met ‘n heerlike gesellige bring en braai en ons dorp se uitvoer produkte wat sang aan betref, Wihan en Therene het die gaste vermaak met hul puik talente. Ook ‘n groot dankie vir Wihan wat van ver af moes kom.

Dan wil ons net weereens al ons borge bedank, sonder hulle sou ons skou nooit ‘n sukses wees nie! Afrox; BP Atlantic; Bayer; SDR; Diesel Electric; Swartberg Slaghuis; Dulux; Wilgebos Traders; Virbac; Morgado Pienaar; Coca-Cola; Vredebest Verpakking; Accurate Trading; Landbank; Cape Gate; Tyre rama; Voermol; Agri Expo; Impi Wire; Jannie Augustyn; PSP Timbers; Pierre Volschenk; Gellman; Swartberg Hotel; Efekto; De Berg Kant Lodge; Klein Karoo Kooperasie; Beaufort-Wes Verspreiders; Prins Albert Munisipaliteit; Niflas; Collin Campbell; Linkline Eiendomme; Edward J. Dalton Fin Dienste en Prins Kem Apteek

En ook groot dank aan al die boere wat vir ons slaglammers gegee het ten spyte van die groot droogte: Joseph Steyn; Ini Basson; Clive van Hasselt; Herman Olivier; Andre de Wit; Dolf Marais; Morne Bothma; Jaco de Klerk; Gunter Morsbagh en Kikiwi Boerdery

En laaste, maar allermins nie die minste nie, al die sameroepers en almal wat hard gewerk om die skou ‘n sukses te maak, ‘n GROOT dank aan almal!