Thursday, July 31, 2008

Ons Landbou Skoukoningin 2008!

- Anschen Marais -

Op 19 Julie was dit weer ons kroning van die Prince Albert Skoukoningin 2008 en haar twee prinsesse. Ons deelnemers het die taak vir die beoordeelaars omtrent moeilik gemaak. Ons wil graag die beoordeelaars, naamlik Miems Theron, Sandra Esterhuyse, Hestie Fourie en André Jaquet, wat hulle uitstekend van hulle taak gekwyt het, bedank. Christene Grové was ook wenner van die “Mooiste rok” kompetisie, terwyl Therene Fourie as Mej Persoonlikheid gekies.

Duisende dankies aan die borge, sonder julle sou ons nie pryse kon gee aan ons wenners nie: Verité-Ann du Toit, Marelize Vorster, Diana Koorts, Johanna Luttig, Bianca Marais, Stefaan Schoeman van Bergwater Landgoed en Ronel Fourie.

No comments: