Thursday, July 31, 2008

Onse Lulu reserwe in die SA Fietsryspan

- Denise Ohlson -

Prince Albert se Lulu Jooste (18 ) is ingesluit as reserwe in die SA Fietsryspan wat in Kaapstad en omgewing gaan deelneem aan die Junior Wêreld Padkampioenskappe vanaf 18 - 20 Julie.

Sy is vandeesweek deur die Suid-Kaap Fietsry Assosiasie en die Oudtshoorn Fietsryklub gelukgewens met haar uitstekende prestasie tydens die SA Padkampioenskap in Oos-Londen - waar sy twee 4de plekke behaal het.

Haar verbintenis met die Oudtshoorn Fietsryklub en die Suid-Kaap Fietsry Assosiasie is ook beloon met dié woorde: "Jy is voorwaar ‘n aanwins vir die Assosiasie. Jou toewyding en prestasies is ‘n voorbeeld en inspirasie vir ander fietsryers binne die Suid-Kaap."

Lulu het haar jaar goed begin deur beide die Suid-Kaap asook die WP kampioenskappe vir die padwedren en tydtoets te wen. Verlede week, by die Oesterfees in Knysna, was sy algeheel 6de Senior vrou en 1ste Junior dame.

No comments: