Thursday, July 31, 2008

Ons eie Mense Presteer Alweer!

- Linda Jaquet -

Tien Prince Alberters het in ‘n formele seremonie by die Prince Albert Provinsiale Hospitaal op 20 Junie erkenning gekry vir die toewyding waarmee hulle ons dorp se mense tussen 25 en 30 jaar gedien het.

Die staatmakers is aan Prince Albert goed bekend: Petronella Pretorius, Salome Stols, Gesina Mynhardt, Felicia Hendricks, Katriena Hendricks, Griet Klaassen, Esmarelda Lodewyk, Poppie Meintjies, Janetta Hendriks en Aletta van Gund het erkenning verkry .

Die nuwe Direkteur van Gesondheid vir Sentraal Karoo, me Lizzy Msindo-Mayeng, het tydens die seremonie persoonlik langdienssertifikate aan tien personeellede oorhandig en het haar bewondering vir hulle merkwaardige prestasie uitgespreek.

No comments: