- Henriette Liebenberg -
Die vakansieprogram wat die afgelope Desember en Januarie vir minderbevoorregte kinders aangebied is, is as ‘n groot sukses bestempel.
Die program is ‘n jaarlikse instelling deur die munisipaliteit en volgens Theresa Hendricks, die programkoördineerder, is bykans R24 000 bestee.
Aktiwiteite wat aangebied is, het inge-sluit nasionale vigsdagherdenkinge, ‘n besoek aan die Gevangenis, bergklim, straatsokker, ‘n Kersboompartytjie, swemklasse en ‘n Idols-kompetisie.
Met die Kersboom-partytjie is kos aan 850 kinders verskaf en geskenke aan 500 uitgedeel. Daar was te min geld vir meer geskenke.
Sunday, January 31, 2010
Vakansieprogram ‘n sukses
Posted by Prince Albert Friend at 9:52 PM
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment