Saturday, July 28, 2007

Veldtog teen hondesiekte

Gedurende Junie het ons plaas-like veearts, Dr Brett Bard en dieregesond-heidstegnikus, Cobus Ferreira, honderde honde in Prince Albert ingeënt ná die uitbreek van honde-siekte.

Aan die begin van die veldtog is baie honde dood as gevolg van die hoogs aansteeklike virus. Die meeste honde is ingeënt in ‘n poging om hul teen die virus te beskerm, en om verdere ver-spreiding van die siekte te voorkom.

Volgens Dr Bard is daar nou ná die inentingsveldtog ‘n groter bewustheid onder die mense om hul diere vroeg-tydig te laat inent teen dodelike siektes, soos hondesiekte. Hy het dit benadruk dat dit elke honde-eienaar se plig is om hul honde te laat inent.

Dr Bard bedank die farmaseutiese maatskappye, Schering-Plough Animal Health, Virbac, Intervet and Pfizer, wie elkeen 100 dosisse entstof geskenk het, asook die Prince Albert Munisipaliteit wat gehelp het om die veldtog te borg.

No comments: