Thursday, July 30, 2009

Sake Floreer in ons Hoofstraat

Ten spyte van ‘n stram ekonomie, is daar vele opwindende verwikkelinge in Prince Albert se hoofstraat. Verlede maand het ons berig oor Die Wolskuur wat verhuis het na `n ruimer perseel oorkant die museum. Volgens die Van der Merwes was dit sommer `n slim skuif. Die dorp het behoorlik geborrel en gebruis tydens die skoolvakansie en besoekers kon sien Prince Albert is `n lewenskragtige plek waar mense wíl en kán.

Dit is opvallend hoeveel toeriste opmerk dat jy maar deur die land se platteland kan ry, nog ‘n juweel soos Prince Abert vind jy nie. Skoon, vriendelik, veilig - en: “Ai, die huise is almal so goed versorg.” Die wye keuse van interessante ware en goeie kos, is nog iets wat almal opval. Miskien is dit tyd dat ons weer ‘n slag met waardering kyk na alles wat ons dorp bied!

OK Grocer

Op 1 Junie het Colin Stockland sy Spar omskep in ‘n OK Grocer. Die ingangsportaal en sigarettoonbank is opgegradeer en Dave en Carol Wuth is uit Durban “ingevoer” as bestuurders. Die egpaar het jare lank hul eie Caltex Diensstasie bedryf, ‘n motorwassery hanteer, en Carol, wat nie net ‘n gekwalifiseerde rekenmeester is nie, was ook baas in haar eie naelboetiek. Hulle is die ouers van dogters Chantal en Jerro-Lee, daar is al ‘n kleinseun, en ‘n kleindogter is op pad. Vir hul twee worshondjies, wat pas ‘n werpsel van sewe tot die huishouding toegevoeg het, is hulle ook baie lief!

Die egpaar is energiek en vol entoesiasme om ‘n sukses te maak van die nuwe winkel en gaan konsentreer op goeie diens. Self is hulle verstom oor die goeie gehalte vleis, veral die maalvleis, wat die OK bied in vergelyking met waarmee hulle in KZN tevrede moes wees.

Colin, wat nou ook die eienaar is van die OK Grocer op Laingsburg, is vol vertroue dat hy ‘n beter en groter reeks produkte teen verlaagde pryse kan aanbied, al is hy afhanklik van voorraad wat direk by groothandelaars via George, Kaapstad en selfs Port Elizabeth bestel moet word. Prince Albert is afgeleë, en aflewerings uit die groot sentra is geen grap nie. Voorraad is dikwels nie beskikbaar nie, of leweransiers stel bloot nie belang om die lang afstand af te lê na ons dorpie nie. Maar die OK-wiele kom nou vinnig in rat en word gereeld geolie, terwyl ons eie TF Couriers goed ingespan word om die rakke vol te hou.

Bestuur doen ‘n beroep op inwoners om te kom vra as spesifieke produkte nie beskikbaar is nie. Daar sal met aandag na elke versoek en voorstel gekyk word en hulle beplan ook ‘n voorstelkassie.
Colin en sy assistent Clinton Naudé sal hul tyd verdeel tussen Prince Albert en die Laingsburg OK, waar Colin nou ook ‘n huis huur.

True Karoo Gallery Shop

Kunstenaar Trudie Brain het saamgespan met David Blackie en Ana Maria Silva en True Karoo se deure is nou vier dae per week oop.

Trudie is bekend vir haar bewertjies en haar kreatiwiteit is bloot verstommend; Ana Maria het nie verniet haar tande geslyp op die Bryanstonse Kunsmark nie en sy werk graag met piouter en glas; David se trots is sy raamwerk en yskasmagnete. Houtengele, kranse van volstruiseierdop, gevlegte krale, draadfeetjies en sifharte kan jou asem letterlik wegslaan.

Pragtige ou glasware, inheemse plante uit Renu-Karoo se kwekery en skilderye wedywer om jou aandag – en daar is ‘n kas vol stylvolle klere uit vergane eras! Dis ‘n verassingparadys wat niemand moet misloop nie. Vir R20 kan jy sowaar ‘n pragtige geskenkie koop.

Henriette se Voorstoep

Henriette Liebenberg is ‘n joernalis geskool in die SAUK se nuuskantoor, ‘n obsessiewe diereliefhebber en ‘n planmaker. Sy kan nie net skryf en vir haar 6 honde en 45 katte sorg nie, maar ook plante in potte omtower in die mooiste geskenke.

Op haar Voorstoep oorkant die polisiekantoor verkoop sy snuisterye, houtrame en emaljeware... en ook kaste wat Eric van Rensburg herstel of volgens spesifikasie bou. Betree maar dié wonderlike spasie en word gul verwelkom deur die liefdevolle reus Diesel, Zoe, Sweetie Pie en Pinky Sue. Om nie te praat van `n kat of twee nie.

En as jy ‘n betroubare persoon soek om na jou diere om te sien, vra Henriette. Sy sal hulle loseer en vertroetel, of sy sal na jou huis kom en hulle daar perfek versorg. In die dertien jaar dat Henriette in Prince Albert bly, het sy bekend geword as die Dierevrou – honderde katte en honde het sy laat steriliseer, tientalle van ‘n gewisse dood gered en altyd ingetree in siekte en nood.

Sy het na twee jaar se ruskans weer op klein skaal diere begin red en in die afgelope maand twee katjies ingeneem en nog twee rondlopers laat steriliseer. Fondse is maar altyd skraps, so onthou, donasies is altyd welkom...

Prickly Pear

Gerry en Ria Thomas is die nuwe gesigte agter die toonbank by Prickly Pear, die kafee/restaurant wat laataand nog ‘n lekker wegneemete kan optower.

Gerry het Skotland in 1973 verlaat, Ria in Kaapstad ontmoet, getrou en hul kinders Juanita en Gerald is ook daar gebore voordat die gesin teruggekeer het Engeland toe. Vyf jaar later het hulle Amerika toe verhuis, waar hulle vyftien jaar lank gebly het.

Toe Juanita van ’n vakansie in Suid-Afrika terugkeer met die nuus dat sy die liefde van haar lewe ontmoet het in polisieman Ian Pieterse en dat sy permanent Prince Albert toe verhuis, het Gerry afgetree by Chrysler en hy en Ria het in George kom bly.

Tydens ‘n besoek aan Juanita, wat heel lekker in die PrinsKem apteek werk, het die Thomas’s verneem die Prickly Pear is in die mark – en besluit om dit te koop en `n nuwe lewe te begin.

En is dit nie ‘n wonderlike nuwe lewe nie - hulle sien uit na Juanita en Ian se troue op 14 November, wanneer hul seun uit Las Vegas ook gaan arriveer!

African Relish


By die restaurant/kookskool African Relish is Fase 1 van die bouprojek afgehandel: Die uitsonderlike kombuis en 25-sitplek restaurant is op dreef; die eerste drie kookklasse was ‘n reuse sukses. Ann Kerr se imponerende tuin met al sy eetbare plante is gevestig en sal ‘n inspirasie en besprekingspunt vir elke besoeker en kursusganger wees.

Eienaars Jeremy Freemantle en Philip Key hou duim vas dat Fase 2 afgehandel sal wees teen einde September. Dan sal die puik gerestoureerde Langhuis uit kantore, ‘n plaaskombuis, wynproe-lokaal, biblioteek en konverensiegeriewe bestaan.

Algemene Bestuurder Virna Gouws vertel met aansteeklike entoesiasme dat die guru Jaques Erasmus van Koncept Design verantwoordelik is vir die binneversiering, dat Oded Schwartz en Reza Mahammad se kursusse reeds propvol bespreek is en dat dit net ‘n wonderlike ervaring is om deel te wees van die sinergie van die opwinende projek.

Koggelmander

Na ‘n maand van opgradering het Kallie Erasmus en sy dogter Marushka die “kos- en kunshuis” se mooi dubbeldeure weer oop gemaak en daar word flink sake gedoen.

Die twee is vol inspirasie om mense op hul nuwe stoep te onthaal en die gewilde pampoenkoekies, geurige Karoodisse en lekker soet spyse aan te dra. Properse kerrieafval, hoenderpastei en stadig gebakte skaapnek word van tyd tot tyd as spesiale aanbiedings voorgesit terwyl die veelbesproke Koggelmander-wynlys steeds groter en beter raak.

Kallie werk tussendeur ook ywerig aan sy “ander lewe” in die omgewingsreg en verwante sake. Vir Marushka is dit nie net kook en bedien en ma Tilla se kuns uitstal nie, sy studeer ook verder in die sielkunde en gee twee keer per week balletklas.

Kallie en Tilla is die groot geeste agter die PA Filmklub wat al stewiger op sy twee bene staan. Vir ‘n skrale R35 kan jy ‘n voortreflike film sien en ‘n gawe bordjie kos voor of ná die tyd by Koggelmander geniet!

Charles Roux


So tussendeur vorder Charles Roux, eienaar van De Bergkant Lodge, ook fluks met sy beoogde antieke winkel, wassery en eiendomsagentskap daar langs die kookskool. Sy driekleurgebou laat mense se koppe al klaar draai en hy hoop om die pragtige houtdeure oop te swaai teen die einde van die jaar. Die waardevolle stukke wat hy oor vele jare bymekaargemaak het, gaan hul regmatige plek vind in die nuwe winkel – en dan gaan die antieke poppe behoorlik dans!

Mix – Koffie, Koek en Alles


By die ou Wolskuur staan dinge ook glad nie stil nie. Nicola Fellows, wat al ‘n ordinêre huis in ons hoofstraat omskep het in ‘n pragstuk reg vir enige glanstydskrif, en daarna ‘n eko-vriendelike sandsakhuis gebou het, is aan die woel by Mix. In die lieflike ou geboutjie met sy stutpilare van hout is ‘n winkel wat sy prentjiemooi ingerig het. Gaan drink maar koffie, bewonder die rakke vol tuisgemaakte produkte... en onderhandel met Nicola oor eenmalige oudhede – sy sê dit gaan haar hart breek om afstand te doen van die onvervangbare afleweringsfiets, die geblomde mat, oulike babawiegie en fraai teekoppies. Sy is trots op haar kussings, gebreide serpe, ou en nuwe katoenlinne, materiaal, waardevolle blikke... Gaan loer maar in!

Décor de St Géry

Some years ago, Yolande Singery ditched the corporate world for country life, moved to the Karoo and late last year settled in Prince Albert. Yolande, who has a keen eye for design, colour, texture and interior decoration, opened her charming shop, Décor de St Géry in the Seven Arches building in December. Those looking for upmarket bedroom and bathroom linen, out of the ordinary - but not wacky – home and garden décor accessories or a gift for a friend or loved one, would do well to pop in to this tranquil and inviting shop.

Nestled among the stylish, cotton bed linen are handmade angora wool Karoo teddies, classy cushion covers, enamel ware, quaint tea sets, unusual candelabra, picture frames, incense, greeting cards and scented soaps and creams. Décor de St Géry sells several sizes of cheese and bread boards, made from the staves of French oak wine barrels.

Yolande has also thought of the practical and in these times of power outages, she stocks rechargeable emergency lights. And she has provided several local ladies with an outlet for their interesting and useful handmade items such as mittens, table mats, aprons, and delightful woolly hats.

Yolande also manages the sale of Prince Albert’s unique AVOOVA ostrich eggshell products. The elegant showroom at the Seven Arches carries a range of items, designed and handcrafted at the AVOOVA workshop, which moved earlier this year to Skapieseinde. There is originality in every piece, whether a large mirror, a coffee table, an elegant, eggshell and sterling silver inlaid bowl or a bracelet.

Yolande is obviously happy in Prince Albert and enjoys being in the Seven Arches. It shows in her broad smile and warm welcome! She is proud that visitors linger in the shops and art gallery in the building and comment on the diversity of all that’s on offer.

La-di-dah Padstal

Yvette en Jonny Breedt het saam met ma Martie hul eerste verjaarsdag by La-di-dah gevier – en toe koppe bymekaar gesit om die koue te troef. `n Nuwe koffietoonbank is geprakseer, `n reuse gasverwarmer is staangemaak en die bougainvilleas is opgeoffer om `n sonnige eetplek in te rig vir die koue dae. Pas het hulle ook `n nuwe koekyskas aangekoop om die heerlike keuse van nuwe koeke te huisves. Gaan proe bietjie! En elke dag maak hulle moeite met `n spesiale warm spyskaart .

Romy Mathews


Romy has offered therapeutic foot and facial massages, pedicures and manicures for some time. During a recent trip to London to visit family there, she added extra strings to her bow, completing courses in Indian Head Massage and Seated Acupressure. The latter applied to the lower and upper back, shoulders and neck, is based on Shiatsu, a Japanese massage technique which uses finger and palm pressure, similar to acupuncture, but without needles. The advantage of both these forms of massages is that clients do not need to undress and they aim to de-stress and focus the client.

Romy also bought a special, folding chair in London, which means that she is mobile and can visit clients at guest houses, in their homes and at spas. This is a truly special experience.

Gallery Café

Brent Philips-White is back at the Gallery Café upstairs at the Seven Arches after recuperating from serious injuries sustained in a car crash earlier this year. He has new plans for his daily menu and has introduced hot-smoked, Scottish salmon, fresh sides of salmon and tuna steaks, amongst other things. He is also excited about the new kitchen equipment he has acquired and is now teaching his staff how to use them.

At Brent’s prompting, each member of the Café’s team has identified areas where he or she needs to acquire more cooking skills. Bokkie Botha of The Olive Branch fame is designing a course that will cover all that they want to learn, such as making sauces, terrines and different techniques for cooking meat. Prince Alberters and visitors to the town can look forward to many a delicious meal in a special atmosphere overlooking the magnificent Karoo.

Café Albert

William Mathews must be one of the hardest working restaurateurs in Prince Albert, paying great attention to detail and the satisfaction of his customers. The stoep of Café Albert was recently repainted to reflect the colours of the bark and leaves of the gum trees lining Church Street, bringing a touch of coolness on hot summer days. A weathered stable door propped against a tree now announces what’s on the menu. William regularly changes the daily specials and in winter, his corn chowder and homemade chicken pies and many other dishes are a real hit.

Baie Nice

What a novel idea! Colleen and William Penfold of the Prince Albert Country Store have created Baie Nice by filling part of the National Arts Centre with un-restored antiques and collectables. Clients simply fetch a key at the Country Store and browse on their own through a fabulous variety of items to please different tastes.

For example, there are pictures needing new glass and a kelim carpet that needs mending. There are a good many old pieces from the Karoo, including lovely wooden furniture from a convent that was recently closed down .

Once the purchase is made, clients can restore them at their leisure on their own or by professionals in the village or elsewhere.

No comments: