Showing posts with label Skaak. Show all posts
Showing posts with label Skaak. Show all posts

Tuesday, September 30, 2008

Skaakspeler van Formaat

Maurice Claassen is slegs 11 jaar oud en het reeds 'n paar nasio-nale skaaktoernooie agter die blad. Hy het ook sy skool, SWD-streek en die Wes-Kaap by verskeie geleenthede verteenwoordig. Nou het hy weereens bewys dat daar met hom rekening gehou moet word wanneer dit kom by Pionne en Kastele rondskuif op ‘n skaakbord.

Die knapie is weer ingesluit in die o/13 Wes-Kaapspan wat vanaf 1 tot 4 Oktober aan ‘n Nasionale “All Ages” Toernooi in Kaapstad gaan deelneem. Alle voorspoed word hom toegewens.

Verder sal hy en twee van sy skaakmaats, Roberto Galant en Jonathan van Rooyen, in Desember te Potchefstroom aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaak Kampi-oenskappe gaan deelneem. Hulle is besig met fondsinsamelingspogings omdat elkeen R2 150.00 moet bydra. Sterkte met al hulle pogings.

Friday, August 31, 2007

Prince Albert Primêr se Skaakspan Skitter

- Neville Claassen -

Prince Albert Primêr se skaak-spelers het weer eens bewys dat hulle ‘n groep is om mee rekening te hou. Op 4 Augustus 2007 het twee spanne (ses spelers per span) aan die SWDUSSA TOPSKOLE Toernooi deel-geneem.

Die Dogterspan het tweede geëindig en silwer medaljes ontvang. Ons het ook ‘n gemengde groepie by die Hoërskool afdeling ingeskryf en alhoewel hulle teen gesoute o/19 spelers van sewe Hoërskole gespeel het, het hulle hul vasgestaan en vierde gekom.

Twee maande gelede het daar 12 spelers deelgeneem aan ‘n Wes-Kaap Toernooi in Paarl en is Nadine Kroon in die 0/17 opgeneem om aan ‘n Nasionale “All Ages” Toernooi in Durban te gaan deelneem.

As u hierdie spelers in aksie wil sien, kan u gerus ‘n draai kom maak op 1 September 2007 by die VGK Saal of die saal van Hoërskool Zwartberg, wanneer die 3de SWDUSSA-proewe hier sal plaasvind.