Tuesday, September 30, 2008

Skaakspeler van Formaat

Maurice Claassen is slegs 11 jaar oud en het reeds 'n paar nasio-nale skaaktoernooie agter die blad. Hy het ook sy skool, SWD-streek en die Wes-Kaap by verskeie geleenthede verteenwoordig. Nou het hy weereens bewys dat daar met hom rekening gehou moet word wanneer dit kom by Pionne en Kastele rondskuif op ‘n skaakbord.

Die knapie is weer ingesluit in die o/13 Wes-Kaapspan wat vanaf 1 tot 4 Oktober aan ‘n Nasionale “All Ages” Toernooi in Kaapstad gaan deelneem. Alle voorspoed word hom toegewens.

Verder sal hy en twee van sy skaakmaats, Roberto Galant en Jonathan van Rooyen, in Desember te Potchefstroom aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaak Kampi-oenskappe gaan deelneem. Hulle is besig met fondsinsamelingspogings omdat elkeen R2 150.00 moet bydra. Sterkte met al hulle pogings.

No comments: