Tuesday, September 30, 2008

Visbraai Reuse Sukses

- Ursuala Pienaar & Myrtel Deelman -

Die 5de September het by Prince Albert Primêr met groot afwagting aangebreek! Hope doringhout het kole gemaak vir die 1000 stukke vis wat onder mnr Rockman se wakende oog gebraai was. Almal het heerlik gesmul aan die kos wat soos ons hier in die Karoo sê, uit die boonste ge-stoeltes was!

Baie dankie aan mnr Steyn, die onderwysers, ouers, leerlinge en die gemeenskap wat hard gewerk het om ‘n sukses te maak van hierdie vondsinsameling, en aan Colin van Spar wat die vis oornag in sy koelkamer gehou het.

Ons nuwe bus is binnekort hier en die fondse sal ‘n gedeelte van die paaiement dek.

No comments: