Tuesday, September 30, 2008

CCA 1 neem deel aan internasionale toer

Ford se Model-T is vanjaar 100 jaar oud (1908-2008) en om die feestelike geleentheid te vier, bied die Suidkaap Ou Motor Klub die Model-T-Toer aan vanaf 21-27 September.

Veertig inskrywings van regoor Suid-Afrika, Frankryk, die VSA en die Verenigde Koninkryk is reeds ontvang.

Prince Albert se bekende 1921 Model-T Tourer (CCA 1) neem ook deel met Gawie Breytenbach agter die stuur en Moorrees Janse van Rensburg van Pretoria as navigator. Monte en Theo Schoeman van Malelane reis ook saam as inskrywing vanaf Prince Albert met hul besonderse 1922 Model-T Tourer. Dries Hart vergesel die geselskap vir werktuigkundige ondersteuning.

Die toer strek deur die Tuinroete, maar vir die deelnemers is die roete nog onbekend…Miskien kom maak hulle nog ‘n draai hier in Prince Albert. Bly gerus op die uitkyk!

No comments: