Tuesday, September 30, 2008

Om die Wêreld in Een Aand

- Chrisna Smit -

Hoërskool Zwartberg het met hul jaarlikse Kultuuraand op 29 Augustus 2008 die gehoor op 'n reis deur die wêreld geneem.

Lande soos Frankryk, die Verenigde Koningkryk, VSA, Argentinië, Japan, Israel en Suid-Afrika was by hul reisplan ingesluit.

Die leerders het die gehoor bekoor met sang en dans, van feetjies, hondjies en vliegtuie tot elegante paartjies. Die Karate groep het selfs 'n "kata" op maat van "Kung Fu Fighting" gedoen.

Patchwork Theatre het hul vernuf in Frans en Spaans gewys met hul weergawe, onderskeidelik, van "La Petit Fleur" en "Vaia con Dios".

Caleb en Rebecca Swanepoel het die gehoor 'n danspassie of twee bygeleer met hul genotvolle en vermaaklike weergawe van die Tango. The Scots were well represented - kilts and all!

Therene Fourie en Henrico Bezuidenhout was die twee soliste wat ook met hul sang die gehoor bekoor het. Lisa Esterhuizen en Lucille Steyn het saam met Me. Chrisna Smit die gehoor vermaak met klavierduette, en Christopher Mullins het die Duitse vlag met trots laat wapper, met sy blokfluit-weergawe van drie tradisionele liedere.
Om die aand op 'n hoë noot af te sluit, het die hele groep leerders "Dis 'n land" gesing en die Gr 1-3 leerders het met klein Suid-Afrikaanse vlaggies die gehoor begroet. This brought a tear to the eyes, especially those of the grannies!

Heerlike sop en varsgebakte brood het die mae gevul en in die geselskap van Hoërskool Zwartberg was dit weereens 'n skitter geleentheid. It is such a delight to see the whole community support our school, not just our parents. It is much appreciated!

Baie dankie aan almal wat gehelp het om die aand 'n sukses te maak. In die besonder wil ons vir Jennifer Munro baie dankie sê vir al die organisasie en harde werk wat sy ingesit het, dit word opreg waardeer!

No comments: