Tuesday, September 30, 2008

Letters - Briewe

Town’s disgraceful entrance

We recently made an extensive trip through parts of the Western Cape – travelling up the West Coast as far as Kammieskroon, then across to Nieuwoudtville, along to Prince Albert and then home via Oudtshoorn, Knysna, George and Mossel Bay.

The area which proved to be the dirtiest, most shocking and an absolute disgrace, on an otherwise memorable trip, was the entrance to Prince Albert. I cannot understand how your Municipality has allowed this to become the problem it has. There must be an acceptable and easy solution to the litter in an otherwise pristine and well- maintained area of so much historical and picturesque value.

We don’t like to complain and have made this observation as proud and committed South African citizens.

Lynn and Hugh Frangs
Hermanus
(A copy of this letter has been sent to the Acting Municipal Manager as a matter of courtesy.)

Vrae aan die Munisipaliteit

Graag sal ek verneem waarom ons in Prince Albert nie ook ons Munisipale rekeninge by die poskantoor kan betaal nie. Advertensies in die media moedig mense aan om hulle rekeninge by die poskantoor te betaal…daar is nogal pryse ook aan verbonde. Ongelukkig deel Prince Alberters nie in hierdie voorreg nie. Ek glo deur die Munisipale rekening by die poskantoor te betaal dit baie voordele inhou, want die Munisipaliteit maak vroeg toe en is Saterdae ook nie oop nie.

Ek het dit al twee keer onder die Munisipaliteit se aandag gebring dat ‘n restaurant aan die noordelike ingang van Kerkstraat wat vir jare nou al gesluit is, nog steeds prominent adverteer wat toeriste verwar. Persoonlik het ek dit al onder-vind dat toeriste moes terugdraai tot groot frustrasie omdat die plek nie meer operasioneel is nie. Kan die advertensie nie maar verwyder word nie? Wie se taak is dit?

Verder stel ek voor dat die parkie op die hoek van Park- en Kerkstraat moontlik toegerus word met karavaan of kampstaanplekke. Die rede hiervoor is dat baie navraag by my aan huis ontvang word vir oornagfasiliteite, veral vanaf motorfietsryers en persone wat net een nag of ‘n naweek wil oorstaan. Dit behoort nie te ‘n groot onkoste te wees nie, want water en elektrisiteit is reeds daar beskikbaar. Al wat verder nodig word, is ‘n klein gerieweblok met twee toilette en storte. Die mooi bome en die ligging van die perseel is aantreklik en sentraal. Wat van geraas? Moderne motorfietse raas nie en wat kan meer raas as die groot transportlorries met staalbakke en lugremme? Ons is ‘n dorp wat toeriste lok. Dit gebeur almeer dat hier nêrens akkommodasie beskikbaar is nie, en dan wyk van die besoekers na Klaarstroom of omliggende dorpe uit.

Gawie Breytenbach
(‘n Afskrif van hierdie brief is om hoflikheidshalwe aan die Waarnemende Munisipale Bestuurder gestuur.)

Baie dankie oom Carinus

Namens die Graad 11-klas wil ek net vir oom Carinus Koorts dankie sê vir die koedoe wat hy geskenk het as prys vir ons fondsinsameling. Met die lootjie verkope het ons R2 990.00 ingesamel. Sonder oom se bydra sou ons nie hierdie bedrag kon insamel nie!

Ek wil ook dankie sê aan al die mense wat ons ondersteun het deur `n lootjie te koop. Die trekking het 1 September plaasgevind en die gelukkige wenner van die koedoe was Fransiena Moos.

Nina Vermeulen

Bekommerde Ouer

Hiermee wil ek as inwoner, maar veral as ‘n bekommerde ouer, met die gemeenskap van Prince Albert ‘n ernstige en kommerwekkende tendens deel. Ek is ‘n ouer van twee kinders onderskeidelik 6 en 9jaar oud. As skoliere by Hoërskool Zwartberg moet hulle gebruik maak van openbare vervoer omdat die afstand eenvoudig vir hulle te ver is om alleen te loop. Nou is ek baie bly oor ‘n paar taxis wat beskikbaar is om ons kinders te vervoer.

My bekommernis is dit:
  • Hoeveel van hierdie taxi’s (karre ingesluit) is wettig in ons dorp? Is hulle wettig geregistreer en het hulle die nodige permitte?
  • Beskik die bestuurders oor die nodige rybewyse en openbare bestuurspermitte om mense te vervoer?

As jy nie seker is dat hierdie reëls / vereistes in plek is nie, word jou kinders dalk onwettig vervoer en as hulle in ‘n ongeluk beseer raak, het jy GEEN eis nie.

Ek sal bly wees as die plaaslike verkeers-polisie hierdie saak kan ondersoek, want ek is lief vir my kinders en besorgd oor hulle veiligheid. Ek wil graag hierdie versekering hê dat as my kinders soggens die huis verlaat, hulle op pad skooltoe in die beste sorg moontlik vervoer word en hulle lewe (sover menslik moontlik) verseker is.

Ek sal bly wees as die Plaaslike Munisipale Owerheid my op my vraag in die Prince Albert Vriend kan antwoord. ‘n Lys van geregistreerde taxi’s sal nogal ‘n aanbeveling wees. Dan weet ons van wie se dienste wettig gebruik gemaak kan word.
Heinrich Hinkman

Prince Albert Women in Action

After successfully implementing two projects this year, at their August meeting the Prince Albert Women in Action (PAWA) looked at a new focus for the upcoming months.

Several ideas were discussed in the context of contributing to the Municipality’s Local Economic Development (LED), which has called for proposals in the fields of tourism and small business development.

I am talking to a jewellery designer from Johannesburg, who has been working with empowerment beading projects for women in Mpumalanga. She is considering setting up an initiative in Prince Albert, similar to Monkeybiz in Cape Town, to produce her new range. Local women receive beads, work from home and are paid for their production, which is then sold through the Monkeybiz shop in the Waterkant. It is a simple concept which has worked wonders for women both in terms of self-esteem and hard cash to raise their children.

My wish is to see this happen sooner rather than later, as the number of small street children begging is on the rise again, in spite of more soup kitchens in town. If children – and their mothers - are not living a productive and nurtured life, society will not be productive and nurturing. Handouts are not the way to empower women in the long term – teaching them to discover and develop their real marketable skills is. They can pass this invaluable knowledge on to their children later on.

Another important project would be the creation of a dance school for the many talented children in Prince Albert. The local school performance, “Around the World”, revealed a rich talent just waiting to be nurtured. Business people could support such an initiative and assist the school personnel in raising corporate and private funding for such a project.

I believe local professional women can raise the bar in establishing a level of excellence for society in general. Role models can come from all sectors of society, but highly significant are those informed, independent women who join hands in excellence and good governance across all societal and politically imposed divides.

Sally Arnold
Prince Albert Women in Action

Ons Groet

Ons verlaat Prince Albert na byna 17 jaar om by ons kinders te gaan woon op Krugersdorp. Ons sê tot siens aan al ons vriende en kennisse en sê dankie vir al julle vriendskap en liefde. Wees gegroet

Fanie en Thelma Venter.

No comments: