Friday, August 31, 2007

Prince Albert Primêr se Skaakspan Skitter

- Neville Claassen -

Prince Albert Primêr se skaak-spelers het weer eens bewys dat hulle ‘n groep is om mee rekening te hou. Op 4 Augustus 2007 het twee spanne (ses spelers per span) aan die SWDUSSA TOPSKOLE Toernooi deel-geneem.

Die Dogterspan het tweede geëindig en silwer medaljes ontvang. Ons het ook ‘n gemengde groepie by die Hoërskool afdeling ingeskryf en alhoewel hulle teen gesoute o/19 spelers van sewe Hoërskole gespeel het, het hulle hul vasgestaan en vierde gekom.

Twee maande gelede het daar 12 spelers deelgeneem aan ‘n Wes-Kaap Toernooi in Paarl en is Nadine Kroon in die 0/17 opgeneem om aan ‘n Nasionale “All Ages” Toernooi in Durban te gaan deelneem.

As u hierdie spelers in aksie wil sien, kan u gerus ‘n draai kom maak op 1 September 2007 by die VGK Saal of die saal van Hoërskool Zwartberg, wanneer die 3de SWDUSSA-proewe hier sal plaasvind.

No comments: