Friday, August 31, 2007

Ek blaai deur ou Poskaarte en Foto’s

Vreemd wat skerp muistandjies aan papier en materiaal kan doen. Moderne tegnologie help om inligting, foto’s en wat ook al op dis-kette en geheuestiffies te bewaar. Maar hou dit dieselfde nostalgie en weemoed vasgevang, as vergeelde handgeskrewe poskaarte en foto’s van vreemdelinge uit die vorige eeu se beginjare?

Daar is n foto van “Chinese coolies at work in the boiler house” en die poskaart dateer 10 / 10 / 1908. ‘n Ene Willem de Wit het die poskaart in Krugersdorp in die ou Transvaal gepos aan Johanna de Wit, destyds woonagtig op die plaas Stinkfontein, Fraseburgweg, Kaapkolonie. Die posstempel op die posseël is 11 Oktober 1908. Wat het van Johanna en Willem de Wit se nageslag geword? Waar woon hulle nou?

‘n Kaartjie in blou letters het oor die jare behoue gebly. Dit is gedateer Krismis 1930, Nuwejaar 1931. Die inhoud, Met die hartlike wense vir n Geseënde Kersfees en ‘n baie Voorspoedige Nuwejaar. Die afsender was Gerty Lotz, Prince Albert. Bly haar familie nog op Prince Albert? Wat het van haar geword? Leef sy nog?

Nog ‘n kaartjie in blou is ‘n huweliks-uitnodiging van Ds en Mev EG Malherbe van Somerset Wes vir die huwelik van hul dogter, Bettie met Samie, seun van Dr en Mev PC Luttig van Prince Albert.

Die troue sou op 4 April 1944 plaasgevind het. Was dit Pa of Oupa van die Luttigs op Drie Riviere? Hoeveel van die nasate het nog van hierdie poskaarte en kaartjies in hul besit? Ek wonder en vra maar net!

Letitia Solomons
Leeu-Gamka
083 670 8704

1 comment:

thelaand said...

Hi, ek en Eddie (Andersen) de Beer Ma se van..was onlangs op 'n plaas in die Scholtzkloof in die Prins Albert area. Ons het kortliks met sy niggie en haar man Hester and Tiaan de Wit gekuier. (blykbaar familie van sy ma.) Ons bly in Krugersdorp en dit was net interessand dat een van die poskaarte vas daarvanaf gepos. Wonder of daar dalk 'n familie verbintenis is? Thelma. 083 454 5823