Friday, August 31, 2007

Wat is ‘n Arbeidsterapeut?

- Erina Groenewald, Arbeidsterapeut –

Erina is in Bethelehem gebore, maar kom woon van haar sesde maand af net ‘n paar kilometer buite Prince Albert op die plaas Swartrivier saam met haar ouers Miems en Pieter Theron. Na matriek studeer sy arbeidsterapeut aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy is tans in praktyk in Ladismith en die Vriend sal in die toekoms nog van haar leersame artikels plaas.

‘n Arbeidsterapeut behandel pasiente - volwassenes en kinders - wat, a.g.v siekte, ‘n fisiese besering of ontwikkelingsagterstande nie optimaal funksioneer nie. Hierdie gespesialiseerde dienste kan aangebied word in hospitale, skole, klinieke, ouetehuise, myne en privaatpraktyke.

Wanneer ‘n Arbeidsterapeut met kinders werk, gebruik sy veral spel, omdat kinders leer deur te speel. ‘n Verskeidenheid terapeutiese apparaat en aktiwiteite word ingespan om die kind te help om sy volle potensiaal te bereik. Kinders van alle ouderdomme kan by Arbeidsterapie baat.

‘n Arbeidsterapeut kan van hulp wees wanneer een of meer van die volgende by ‘n kind opgelet word:

  • ‘n Baba wat nie wil kruip of loop nie
  • Lomp en skrikkering is vir beweging
  • Skryf stadig, wil nie teken of uitknip nie
  • Swak balans, sukkel bv om ‘n bal te vang
  • Hipersensitief vir aanraking, klank of die tekstuur van kos
  • Ooraktief of te passief
  • Kan nie goed regop sit nie, swak postuur en lae uithouvermoë m.a.w. altyd lêerig
  • Ruil linker- en regterhande om wanneer hy skryf
  • Kan nie opdragte volg nie
  • Sukkel om legkaarte te bou en om kleure te identifiseer
  • Probleme met lees, wiskunde en spelling
  • Probleme met onthou en met konsentrasie
  • Skoolgereedheid.
Alle Arbeidsterapeute moet geregistreer wees by die Mediese Gesondheidsraad van Suid-Afrika (HPSCA). Arbeids-terapie fooie kan teruggeeïs word van die mediese fondse.

No comments: