Friday, August 31, 2007

Wind Ruk Matriekafskeid-kykers

- Deolan van Schalkwyk -

Dis Vrydag 20 Julie, 16:00 en mense begin saamdrom oorkant en voor die hotel. Ek begin wonder hoekom die strate so besig is vandag? Oeps, val ek my by, dis mos vandag matriekafskeid.

Ja, glo dit of nie, die matriekafskeid wat oppad was, het toe gekom en is toe ook in ‘n oogwenk verby. Vir dié wat daar was, was dit soos ‘n Habana-wind wat verby hulle is. Al wat Jan Rap en Skrap is, het gekom om die matrieks te kom sien en te ondersteun.

Vir al die inwoners van Prince Albert is die matriekafskeid elke jaar ‘n oomblik van genot, bewondering en trots. Vir die matrieks is dit egter ‘n dag van passie, plesier en herinneringe. Hordes mense het voor die hotel saamgedrom en is later ook na Huis Kweekvallei toe om net vir oulaas weer te sien.

Die matriekafskeid wat vanjaar gereël is deur die Luttigs, het gaan eindig in die plaaslike skousaal, wat pragtig deur Kevin Hough versier was. Hier het die matrieks gaan eet, dans en foto’s neem.

Een van die matrieks het agterna gesê hy weet nie wat die tema was nie, maar hy weet net die saal was asemrowend opgemaak!

Nou sien die inwoners uit na volgende jaar se matriekafskeid. En as die meisies maar net elke dag so mooi kan lyk!

No comments: