Showing posts with label argus. Show all posts
Showing posts with label argus. Show all posts

Saturday, May 30, 2009

Prince Albert spog met Argus wenner

- Denise Ohlson -

Chris Jooste, geborg deur The Bike Shop van Plettenbergbaai, het vanjaar sy eerste Pick & Pay Argus Fietswedren met groot entoesiasme aangepak.

Hy het reeds verlede jaar in Mei begin voorberei deur die kwalifiserende wedrenne te wen, naamlik die Knysna Oesterfees en die Burger Sanlam. Met sy goeie tye daar, het hy ‘n baie goeie wegspringgroep verseker vir die Argus-wedren.

Die wedren was ‘n groot uitdaging en is herdoop tot die “Tour of Storms“ toe stormwinde van tot 120 km per uur veroorsaak het dat ryers nie goeie tye kon aanteken nie. Vele kon nie eens die wedren voltooi nie.

Chris het die 0/14 seuns, wat bestaan het uit 124 ryers, met gemak gewen. Sy naaste teenstander het hy met ‘n hele sestien minute geklop!

Verlede week het hy sy prys in Kaapstad in ontvangs geneem by ‘n spesiale geleentheid by die Canal Walk Winkelsentrum.

Monday, March 31, 2008

Ons ryers ‘tem’ die ‘Argus’

- Denise Ohlson -

Sewe fietsryers van Prince Albert het aan die baie suksesvolle 31ste Argus Fietstoer in Kaapstad gaan deelneem. Volgens klas het hulle op verskillende tye weggespring by die Parade in die Moederstad. Van daar het hulle dapper tot by Vishoek getrap en tot by Chapman’s Peak gevorder… Nog dapperder het hulle Suikerbossie ook oorwin, en na die laaste steilte by Kampsbaai het hulle die persoonlike oorwinning gesmaak om die mylpaal by Groenpunt te bereik – na 109 km in die saal.

Lulu Jooste het haarself weer as ‘n voortrapper bewys deur eerste in die groep te wees met ‘n tyd van 3uur 11 minute. Onder die vrouejaers in die resies was sy 5de junior dame. Sy het hard probeer om ‘n “sub drie” te ry, maar het net-net nie geslaag nie.

Tweede in die Prince Albert-groep was haar pa Chris met ‘n tyd van 3uur en 19 minute.

Vervolgens was dit Johan Fourie 3:40, Dawid Rossouw 5:00, Jamie Botha 6:26, Tanya Odendaal 6:47 en onse Bokkie Botha het met sy 6:56 die afsnytyd van sewe uur met vier minute getroef!

Hou maar gerus vir Lulu dop – sy word dalk nog die jongste vrou om hierdie wedren te wen.

Wednesday, April 25, 2007

Argus 2007

- Louise Jooste -

Dit was weer daardie tyd van die jaar wanneer fietsryers van oral in die land na die Kaap storm vir die jaarlise Cape Argus Pick ‘n Pay fiets-toer.

Agt fietsryers van Prince Albert het vanjaar deelgeneem. Vir Oom Dawid Rossouw en Ceril Afrika was dit ‘n eerste. Vir Lulu het dit vier jaar geneem om 2 min vinniger as haar pa te ry, maar pa is baie trots op sy afrigting.

Lulu was 4de Jnr dame uit 97 Jnr’s van regoor die land en algeheel 3de van die Suid-Kaap dames.

Die tye was as volg:
Lulu Jooste 3h13
Chris Jooste 3h15
Johan Fourie 3h34
Louise Jooste 4h25
Ceril Afrika 5h08
Dawid Rossouw 5h13
Johan Rissik 6h00