Wednesday, April 25, 2007

Argus 2007

- Louise Jooste -

Dit was weer daardie tyd van die jaar wanneer fietsryers van oral in die land na die Kaap storm vir die jaarlise Cape Argus Pick ‘n Pay fiets-toer.

Agt fietsryers van Prince Albert het vanjaar deelgeneem. Vir Oom Dawid Rossouw en Ceril Afrika was dit ‘n eerste. Vir Lulu het dit vier jaar geneem om 2 min vinniger as haar pa te ry, maar pa is baie trots op sy afrigting.

Lulu was 4de Jnr dame uit 97 Jnr’s van regoor die land en algeheel 3de van die Suid-Kaap dames.

Die tye was as volg:
Lulu Jooste 3h13
Chris Jooste 3h15
Johan Fourie 3h34
Louise Jooste 4h25
Ceril Afrika 5h08
Dawid Rossouw 5h13
Johan Rissik 6h00

No comments: