Saturday, May 30, 2009

Prince Albert spog met Argus wenner

- Denise Ohlson -

Chris Jooste, geborg deur The Bike Shop van Plettenbergbaai, het vanjaar sy eerste Pick & Pay Argus Fietswedren met groot entoesiasme aangepak.

Hy het reeds verlede jaar in Mei begin voorberei deur die kwalifiserende wedrenne te wen, naamlik die Knysna Oesterfees en die Burger Sanlam. Met sy goeie tye daar, het hy ‘n baie goeie wegspringgroep verseker vir die Argus-wedren.

Die wedren was ‘n groot uitdaging en is herdoop tot die “Tour of Storms“ toe stormwinde van tot 120 km per uur veroorsaak het dat ryers nie goeie tye kon aanteken nie. Vele kon nie eens die wedren voltooi nie.

Chris het die 0/14 seuns, wat bestaan het uit 124 ryers, met gemak gewen. Sy naaste teenstander het hy met ‘n hele sestien minute geklop!

Verlede week het hy sy prys in Kaapstad in ontvangs geneem by ‘n spesiale geleentheid by die Canal Walk Winkelsentrum.

No comments: