Saturday, May 30, 2009

Briewe / Letters

Ongelukkig oor plastiese pistole by Olyffees

Volgens alle berigte was ons jaarlikse Olyffees weer ‘n groot sukses maar ongelukkig kan ek nie die oomblik laat verbygaan sonder om my groot teleurstelling oor een aspek daarvan uit te spreek nie.

Dit was vir my ‘n groot skok om te verneem dat tussen al die goeie stalletjies daar een was wat lelike plastiese pistole verkoop het. Die pistole het so realisties gelyk dat dit vir my nes die ware Jakob was.

Maar wat my so ontstoke maak is dat die ‘speelgoed’ ook harde koeëltjies kon skiet en dat kinders daardeur beseer is en dat die polisie ook moes ingryp.

Ons moet in die toekoms strenger toesig hou oor wat tydens ons fees verkoop word.

Bekommerde Oupa

No comments: