Saturday, May 30, 2009

Onbekend word bemind

- Ronel Tolken -

Was my verbasing groot toe ek die week voor die Olyffees die radio aanskakel op RSG, en daar praat Prince Albert se eie Hennie Boshoff.

Die onderhoud het my laat besef ons het hier met ‘n groot kunstenaar te doen. Ek kon my ore nie glo nie: Hennie stel sy huis oop vir ‘n feestelike besoek!

Ja, hy was mos “ iets vreemds vir ons plattelandse dorpie”, amper iets boos... Was dit bloot omdat die groot kunswerke wat almal oor die heining beskou het, die onbekende was?

Ek was egter oortuig hierdie besoek is ‘n moet.

Hennie het my nie teleurgestel nie. Een van die kunswerke is ‘n uitbeelding van die eerste drie woorde in die Bybel: “In die Begin...” en ek het dit as volg opgesom:

In die begin het Hennie ons almal gedwing om ons weer te besin.
Ons het gewonder, gedink en geskinder.

Later was dit al hoe minder, maar steeds het ons bly wonder.

Hy stel toe sy huis oop met ‘n glasie wyn teen sononder.

Hennie en Rossetta het ons harte gewen en my raad aan almal wat hulle nog nie ken nie: Maak seker jul is geboek vir die volgende besoek.

Hennie en Rossetta, baie dankie vir die geleentheid – en dat julle bereid was om julle blyplek vir ons oop te stel. Julle kunshuis is onbeskryflik, goed, pragtig; ek glo elkeen wat daar was, is met geïnteresseerde geesdrif huis toe.

No comments: