Saturday, May 30, 2009

Lucky Number 8!

- Linda Fodor -

Goliath Lottering won this month’s teacher’s raffle at Prince Albert Primêr in support of the school’s library. Each teacher bought a R20 ticket to stand a chance of winning a hamper of biltong and droë wors from Karoo Slaghuis and beautiful gifts donated by Lah-di-dah.

Daar was doodse stilte in die personeelkamer toe mnr Steyn, ons hoof, die lootjie getrek het. Dit was nommer 8, mnr Lottering s’n! Ons hoop die Lottering-gesin geniet die biltong en die pragtige décor items. Mnr Lottering het ook sy verjaarsdag gevier op 14 Mei – so dit was sommer ‘n dubbele geluk!

Nogmaals baie dankie aan al die onderwysers wat ons Biblioteeklootjie ondersteun het. Baie dankie aan Karoo Slaghuis en Lah-di-dah wat so vrygewig was en ons geborg het.

Die leerders van Prince Albert Primêr sien met groot opgewondenheid uit na 8 Junie wanneer hul lootjies getrek sal word. Weereens is daar pragtige items wat deur die gemeenskap geskenk is.

No comments: