Saturday, May 30, 2009

PAAK hou Inligtingsdag

- Denise Ohlson -

Tydens ‘n inligtingsdag gehou by die VGK saal op Saterdag xx April, het xxx genooide gaste kom luister hoe Goliath Lottering, voorsitter van die komitee, ‘n kundige en interessante uiteensetting gee van die werksaamhede van die Prince Albert Advieskantoor wat, toe dit in September 1991 gestig, nogal groot kontroversie in die gemeenskap veroorsaak het.

Meneer Lottering het verduidelik dat PAAK se oorspronklike taak daarop gerig was om mense van Prince Albert, PA Weg, Klaarstroom, Leeu Gamka en die omliggende plase te help met hul probleme oor arbeidsake. Vandag, as ’n volwaardig geregistreerde nie-winsgewende organisasie, is PAAK ook ’n volwaardige werkgewer - gemoeid met werkskepping, ontwikkeling, opvoeding en natuurlik ook fondsinsameling. Hulle is besig met twaalf projekte om eens gemarginaliseerde gemeenskappe te help en ook om duplisering uit te skakel. Hul kernwaardes berus op eerlikheid, deursigtigheid, verantwoordbaarheid, harde werk, nie-rassisme, geen diskriminasie, konsekwente optrede en om almal met waardigheid te behandel . Daar word gefokus op die terugplaas van selfrespek en verantwoordelikheid in elke individu.

Tydens die algemene tweejaarlikse vergadering op 19 Julie 2008 is ’n nuwe komitee gekies wat met groot ywer werk. (Foto – name) ’n Groot doelwit is om teen die einde van die jaar die fondasie te gooi vir die kantoorkompleks langs die Sydwell Williams Sentrum – ’n gebou wat aan die gemeenskap van Prince Albert sal behoort.

Die kontrak wat PAAK in November 2008 met die Lotto gesluit het, se eerste vyftig persent van R1,366 mil is in April 2009 uitbetaal. Twee voertuie ter waarde van R386,000 is aangekoop en die res van die fondse gaan gebruik word om werk te skep en op opvoeding te fokus. Meneer Lottering het dit sterk beklemtoon dat die voertuie ingespan gaan word om die armstes van die armes te help en onder geen omstandighede as taxi’s gebruik sal word nie.

Dat PAAK so suksesvol is, sê Goliath Lottering, is te danke aan ’n gemotiveerde komitee wat sorg dat verslae betyds ingedien word sodat befondsing uitbetaal kan word. En hy glo aan ’n seënende Hemelse Vader, wat, as jy jou besig hou met die regte dinge, sal sorg dat daar mooi gevolge is.

PAAK SE TWAALF PROJEKTE

Projek 1: Semi-regsake. Geen befondser, fokus op arbeidsake en maatskaplike probleme. Vir elke R1 deur fondsinsameling gewerf, kry PAAK R5 vanaf die FRIS program.
Projek 2: Gebruikersake. Befondser is die Kantoor van die Verbruikersbeskermer wat elke maand R8,000 inbetaal na ontvangs van PAAK se verslag.
Projek 3 tot 6: HIV en VIGS. Befonds teen R40,000 per maand deur SCAT, CKDM en DOSD. Fokus op aktiverings-persele, bewusmaking, emosionele ondersteuning.
Projek 7: Tuisversorging. Befonds deur die Departement van Gesondheid teen R521,000 vir die boekjaar. Fokus op kwaliteit versorging, gesinsbeplanning, tienerswanggerskappe, geweld teen vroue en kinders, maatskaplike toelaes.
Projek 8: Telesentrum. Geen befondser. Fokus op dienste vir internet, telefoon, faks en rekenaaarvaardigheid. Genereeer R1,000 per maand – wat nie die onderhoudskoste delg nie.
Projek 9: Naaldwerkprojek. Fondse van R20,000 per jaar van DODS slegs vir materiaal. Genereer maksimum R1,500 per maand tussen drie werkers. Die Prince Albert Skills Trust het hulp aangebied met reklame en opgradering van perseel.
Projek 10: Opkomende boere. Befonds deur Nasionale Ontwikkelingsagentskap. Fokus op voedselsekuriteit. R872,000 uitbetaal in sessies van 10%,40%, 20%, 20% en dan weer 10%. Veel dank verskuldig aan Hennie du Plessis en Herman Olivier vir leiding en bystand.
Projek 11: Friskies Creché. Befonds deur die Gelyke Geleenthedefonds. Fokus op kleuters van die plaas Frisgewaagd – R84,000 se toerusting is aangekoop. Geen fondse is direk aan PAAK betaal nie.
Projek 12: Lotto. Na die susesvolle toekenning van die Lottogeld, sal daar weer aansoek gedoen word vir die volgende boekjaar.

No comments: