Saturday, May 30, 2009

Skaakproewe toets jong spelers

- Neville Claassen -

Vroegoggend op 9 Mei het een na die ander skoolbus in Kerkstraat af gery oppad na die skaakproewe by die VGK-saal. Spelers van die Hoërskole Bridgeton, Morestêr, Oudtshoorn, Gimnasium, Outeniqua, York, Langenhoven, Zwartberg, Gerrit du Plessis en Oakdale was teenwoordig. Die laerskole wat deelgeneem het was Colridge, Prince Albert Primêr, George-Suid, Dysselsdorp, P.J.Badenhorst, Van Reede en Foundation Christian School.

Daar was 200 spelers en die ouderdomme het gewissel van o/9 to o/19. Mens kon die spanning in die saal aanvoel, daar was doodse stilte en net so af en toe kon jy die sagte voetstappe van die amptenare hoor. ‘n Sagte fluister van ‘n TD (tegniese direkteur) het nou en dan ‘n geskil besleg.

Die eerste ses spelers in elke ouderdomsgroep het sertifikate ontvang. Maurice Claassen het 5 uit 6 rondtes gewen en ‘n tweede plek vir o/13 gekry.

Prince Albert Primêr se volle span kwalifiseer vir die volgende rondte. Die volgende proewe vind op 23 Mei te Outeniqua Hoerskool in George plaas. Na afloop van hierdie proewe word die SWD-span saamgestel. Die SWD-span sal deelneem aan die SA Junior Kampioenskappe te Kaapstad in Desember.

No comments: