Saturday, May 30, 2009

Leeu-Gamka Biblioteekweek

Die Leeu-Gamka Biblioteek het hierdie jaar sy tweede Biblioteekweek tussen 4 en 8 Mei angebied. Daar was aktiwiteite vir kleuters en skoolgaande kinders en heerlike tee en koekies vir die bejaardes. Op die foto geniet die Sweet Sixteens die kuier in die Biblioteek. Die Sweet Sixteen's is 'n groepie bejaarde dansers wat bekend is vir die Volkspele wat hulle op konserte doen.

Biblioteek wil graag vir Mnr Klaas Romp, Sr Jeanette Rossouw, Me Susan Esterhuizen en Me T. Barnard bedank vir die donasies en skenkings wat hulle aan die Biblioteek gemaak het. Daar sonder sou die Biblioteekweek nie 'n sukses gewees het nie.

No comments: