Sunday, August 30, 2009

Biblioteeklootjie ‘n Groot Sukses

- Linda Fodor -

Sulke opgewondenheid op ‘n Maandagoggend...waar anders as by Prince Albert Primêr? Die leerders het doodstil gesit en luister hoe ds Cloete die storie van Klipsop vertel. Dis dan so lekker storie, jy kan hom amper proe!

Blink ogies het gedwaal na die tafel met al die pryse op. Elke kind wat ‘n kaartjie gekoop het, se hartjie het vinniger geklop. Die groot vraag was, "Wie se naam gaan vandag getrek word?" Uiteindelik het mnr Minnaar op meesterlike wyse die gehoor begeester en diename uitgelees. Elke kind wat op die verhoog verskynhet, kon ‘n kegel kies, binne in die kegel was ‘n nommer, die nommer was verbind aan ‘nprys.

Wat sou die prys dan wees? Hampers met kos, die grootste pak tjips ooit, sokkerprente, oorbelle, ‘n egte syserp en nog vele meer kon gewen word. Een na die ander is die pryse opgeraap, totdat almal geneem was. Breë glimlaggies het trots geskyn. Natuurlik kan almal nie pryse wen in ‘n lootjie nie, maar al die leerders wat ‘n kaar-tjie het, het iets gekry!

Mnr Goliath Lottering se graad 8 klas het die meeste lootjies verkoop en elke leerder het ‘n lekker warm mussie ontvang.

Prince Albert Primêr wil graag aan al ons borge baie dankie se, sonder u ondersteuning sou ons nie die vondse kon insamel vir ons biblioteek nie. Dankie aan Prins-Kem Apteek, Die Klerekas, Lah-di-dah, Karoo Slaghuis, Hoofweg Motors BP Garage, Décor St Gery, Maydays, Swartberg Slaghuis, Kredouw Olives, The Tanner and Leather Trader, Prince of Africa, Pep Stores and Imke and Rudi Maeyer.

No comments: