- Renichia Mooneys, Grd 5 -
Op 14 Augustus het al die graad 5 leerders van Prince Alber Primêr die Fransie Pienaar Museum besoek. Ons het daar gaan leer hoe die San geleef het.
Ons het gesien hoe hulle hul skuilings gebou het en hoe hulle gedroogde blomme se poeier gebruik het as verf om rotstekeninge te maak. Die vrouens het ‘n klip met ‘n gat in aan ‘n stok geryg en dit gebruik om wortels uit die grond te grawe. Ons het geleer dat ons ook die natuur moet respekteer en ons goed moet deel met mekaar soos die San gedoen het.
Baie dankie Tannie Debbie, dat u vir ons sulke koel goed gewys het. As jy nog nie by die museum was nie, dan moet jy beslis gaan kyk, as jy so soet is soos ons was, sal Tannie Debbie vir jou ‘n regte egte Boesman boog wys en die snaar van die boog is van katderms gemaak! Gaan kyk maar self as jy my nie glo nie.
Dit is so lekker om in ons nuwe bus te ry en interessante plekke te gaan besoek. Vir meeste van ons maatjies was dit die eerste keer wat hulle die museum besoek het.
Moenie vergeet dat ons op Vrydag 4 September n visbraai by die skool gaan hou nie. Mnr. Rockman gaan die vis braai en almal weet Pappie maak die lekkerste snoek ooit. Kom koop jou kaartjie vir ‘nheerlike snoek en slaai wegneemete vir slegs R30 by Prince Albert Primêr. Al die geld wat ingesamel word betaal vir ons bus.
Sunday, August 30, 2009
Die San in Prince Albert
Posted by Prince Albert Friend at 8:07 PM
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment