Friday, February 29, 2008

‘n Ster het verskiet !!!!

- Diana Koorts -

Die jaar het op ’n tragiese noot begin vir die Maartins-gesin asook Hoërskool Zwartberg. Rivaldo is ernstig beseer in ’n ongeluk op Nuwejaar. Hy is dadelik oorgeplaas George toe, maar is kort na sy aankoms oorlede as gevolg van inwendige beserings.

Hy was verlede jaar in gr. 2. Rivaldo was ’n lieflingskind... net elke dag ingestel om almal om hom te plesier en goed te doen.Hy was die enigste een in sy klas vir wie daar reg deur die jaar nooit moes aangepraat word soos: bly stil/doen jou werk/voltooi jou taakkaart/ens.Rivaldo was te alle tye op sy plek,besig om sy werk netjies en korrek te voltooi!

Hy was ’n stil seuntjie, baie gehoorsaam—werklik ’n droom leerder vir enige onderwyser/es! Hy het nooit hals oor kop vrae beantwoord nie- alle vrae is altyd goed oordink en dan beantwoord.Hy het ook ’n spesiale aanvoeling met diere gehad en hul so goed en getrou versorg.

Rivaldo sal onthou word as die pragtige seun met die groot ronde oë en die vriendelike glimlag. Vir ons wat agterbly is dit baie swaar, want sy plekkie in die klas is leeg en sy stem is stil.Hy is verseker geroep tot Hoër Diens – sy aardse werk was voltooi.

Aan sy ouers – wees getroos daarin dat julle ALLES opgeoffer het om vir hom die beste 9 jaar moontlik te maak.Julle is wonderlike ouers—‘n “bloudruk” wat almal kan navolg.

No comments: