Wednesday, February 28, 2007

Prince Albert bly in die nuus

-Denise Ohlson-

Koerante en tydskrifte staan nie sommer plek af aan alledaagse dinge nie. Pitkos is wat hulle soek. En hier in Prince Albert pik joernaliste al meer waardevolle pitte op vir hul lesers.

BY
Die uitstalling van David Goldblatt se foto’s by die Prince Albert Gallery het die aandag getrek van BY, Die Burger se uiters gewilde Saterdagbylaag. Die artikel lewer insiggewende sosiale en politieke kommentaar op die 17 foto’s, geneem in die Gamkaskloof van die sestigerjare. Gaan kyk gerus na hierdie beroemde fotograaf se uitstalling.

Mail & Guardian
Bekyk dan sommer ook die werk van Richard John Forbes, Derek McKenzie en George Coutouvidis - wat saam met Goldblatt in die Mail & Gardian se “On Circuit” blad beskryf word as kunstenaars wat bydra tot “the most important critical visual commentary on historical and contemporary South Africa”. In hierdie uitgawe van 12 tot 18 Januarie 2007 word ons dorp beskryf as “becoming a destination for art aficionados” (kunsliefhebbers). Forbes se etse “are a series of fantastical universes where stars and planets and other heavenly bodies seem to give an indication of the organized and systemic chaos that has given rise to life as we know it”.
McKenzie herhaal graffiti op film en vra:

Ape ken reeds 1000
woorde in gebaretaal
Hoeveel woorde ken jy?


Garden and Home
Die Februarie 2007 Garden and Home staan twee volkleurblaaie af aan die wonderlike volstruiseierdopwerk wat Gideon Engelbreght onder sy hande laat vorm aanneem en wat te sien is by De Wakis by die Seven Arches.

House and Leisure
Tanya Sturgeon se huis in Markstraat pryk in ‘n pragtige fotoartikel in die Desember 2006 uitgawe van House and Leisure.. Hierdie stylvolle Gautenger sê: “Prince Albert is my sanctuary and a love affair. The remoteness and lack of commercialism inspires me … I am so glad I bought this house. Even when I am not here it is a haven for my mind to escape to.”

Village Life

Helena Marincowitz se boek Karoostyle het skaars verskyn, of Village Life eer haar en haar navorsingswerk in hul Des/Jan uitgawe in ‘n glansartikel wat oor vyf volkleurblaaie strek. Maré Mouton sluit sy insiggewende en waarderende artikel só af: “The fact that so many Karoostyle houses have survived for over a hundred years, is a tribute to the skill of their builders, and Helena Marincowotz has done valuable work in documenting what is left.”

Lydia Barrella se waardevolle kristalle kom ook tot hul volste reg in hierdie tyd-skrif in sewe absoluut verstommende mooi foto’s wat die artikel “Crystals – Order in the world” illustreer.

SABC 2
Hierdie maand het Piet Cordier, Neels en Louisa van der Nest, die Mayers en die mense by die Saterdagmark hul sê ingekry op SABC 2 se “In search of Karoo Mermaids…”!

Prince Albert is ‘n lieflike bestemmingsdorp propvol interessante mense…‘n Goeie produk verkoop homself! Selfs aan die kieskeurige media…

No comments: