Wednesday, February 28, 2007

Skaakspelers Blink Uit

Twee van ons skool se vyftienjarige skaakspelers het teen die einde van 2006 bewys dat hierdie sportsoort wat min of geen publieke en regerings-ondersteuning kry, steeds blakend gesond bedryf word by Prince Albert Primêr. Die Wes-Kaap o/17 Dogters en Seuns Skaak-spanne, wie aan die Suid Afrikaanse Skole Spele te Kaapstad deelgeneem het, was be-voorreg om spelers soos Nadia Claassen en Joshua Afrika in hul midde te kon hê. Hierdie twee is Provinsiale spelers en het die af-gelope 3 en 6 jaar onderskeidelik, jaarliks aan Nasionale Kampioenskappe deelge-neem, en kon dus met hulle ervaring hul onderskeie spanne tot groot oorwinning by die Spele help.

Nadia en Joshua het tydens die spele wat plaasgevind het vanaf 3 tot 6 Desember 2006, albei agt uit die nege rondtes gewen, wat vir hulself, asook hul spanne, Goue medaljes besorg het. Ons hoop van harte dat hul nuwe skole, Bridgton Senior Sekondêr en Die Kaapse Akademie vir Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie, hulle die ge-leentheid sal bied om hul skaak verder te bevorder. Ons wens hulle alle sterkte toe met hul studies!

No comments: