Wednesday, February 28, 2007

Hier kom 'n Fees!

-Pieter Joubert-

Ons doen ‘n beroep op Prince Albert se inwoners. Sonder die ondersteuning van die hele dorp, kan ons dorpsfees nie ‘n sukses wees nie. Ons vra elke besigheid, gastehuis, restaurant en inwoner om te help. Ons Sater-dagoptog moet hierdie jaar ‘n sukses wees. Sonder jou hulp kan dit nie gebeur nie. Al maak jy net ‘n plakkaat of deel brosjures uit – as ons saam werk, sál dit ‘n sukses wees. Neem ook deel aan al die lekker opwindende kompetisies, kom onthul jou talente!

Vir die kreatiewe dames, ontwerp ‘n besondere snaakse uitrusting. Gebruik enige materiale. ‘n Rok van plastieksak, broek en pet van karton, aandrok van krale en lint, enigiets waaraan jy kan dink. Dit hoef glad nie duur te wees om te maak nie. Onthou, hoe meer inheems, hoe makliker jou kans om te wen.

Olie solank daai wieletjies! Ons hou ‘n kiskarkompetisie. Bou ‘n kar van hout, karton of blikke. Dit kan lyk soos ‘n trein, huis, muis, boom of padda – hoe meer oorspronklik hoe beter jou kans om te wen.

Kom manne, kom! Wys jou spiere vir Prince Albert. Ons hou ‘n sterkman kompetisie vir die fris mans van die dorp, jonk en oud. Kom wys vir die wêreld waarvan jy gemaak is.

Lanklaas Potjie gemaak? Laat die monde water en slaan ‘n heerlike Potjie kos aanmekaar, vir almal om te proe dat jy die bobaas Potjiekoskampioen is. Van hoender tot volstruis en lam – jy’s mos die baas van 2007 se Pot!

Wys jou bakkerstalent vanjaar met die Broodbak-Talentedag. Warm solank daai hande op!

Inskrywingsvorms vir bogenoemde kompetisies te kry by Sampies Restaurant en Deli, Kerkstraat.

Vir enige verdere inligting kontak:
Marinette of Pieter, 082 9450362

No comments: