Saturday, September 29, 2007

A Night at the Theatre

Op 31 Augustus 2007 het Hoërskool Zwartberg met “A night at the theatre” weereens bewys dat sy leerders op kultuurgebied ook uitblink.

‘n Interessante seleksie van liedere uit verskeie Musiekblyspele, van oral oor, het die gehoor betower.

Me Jennifer Munro, Chrisna Smit, Tracy Swanepoel en mnr Shaun van der Walt het aan die stuur gestaan van dié produksie.

Ons eie soprane Therene Fourie and Lodé Mooneys het die gehor na hul asems laat snak met hul weergawe van die Andrew Lloyd Webber duet, “I know him so well”.

Die Patchwork Theatre se weergawe van “My Fair Lady”, met Eloise Gouws as Eliza Doolittle en Caleb Swanepoel as Henry Higgins, het die gehoor laat skater van die lag. Hul aanbieding van die welbekende “Greased Lightnin’” uit die blyspel “Grease” het die gehoor teruggeneem na hul jonger dae.

Die kontinuïteit van die hele produksie is verkry deur twee “skoonmakers”, Martin Koorts en Darius Fourie, wat hul lot teenoor die gehoor bekla en sodoende elke volgende item aangekondig het, menige keer met die tong in die kies.

Uittreksels uit “The Sound of Music”, “Pirates of Penzance”, “Oliver”, “Phantom of the Opera” en “Mary Poppins” het ook die gehoor vermaak.

‘n Heerlike aandete in die goeie geselskap van Hoërskool Zwartberg het weereens gesorg vir ‘n onvergeetlike ervaring.

No comments: