Saturday, September 29, 2007

Prince Albert Primêr se Belowende Krieketspelers

Vyf leerders van Prince Albert Primêr is onderskeidelik opgeneem in die O/13 (Beniton Klaasin, Damian Bezuidenhout) en O/15 (Sachin Reed, Christopher Daller, Ayden Buys) SWD Krieket oefengroep. Die leerders het aan die SWD winter oefenprogram deelgeneem waar hulle deur die bekwame afrigters van die SWD Krieketraad geslyp is om hul kolf-, boul- en veldwerk op te skerp.
Hulle ding op 24 en 25 September 2007 mee in die finale proewe te Oudtshoorn om ‘n plek in die amptelike SWD span. Die O/13 span sal tydens die Standard Bank O/13 week vanaf 2 - 6 Desember 2007 provinsiaal meeding te Pretoria en die O/15 span tydens die PG Byson week (8 – 12 Desember) te Stellenbosch.

Alle sterkte word die belowende krieketspelers toegewens.

No comments: