Wednesday, March 28, 2007

Sport News

Marquin Fredericks - Prince Albert se Trots

- Hekkie Piedt –

Prince Albert is die afgelope jaar amper elke dag in die media veral in Die Son wat veral die negatiewe kant van die pragdorp uitbring. Daarteen kan ons spog met talentvolle jongmanne op sportgebied sowel as akademies.
Marquin Fredericks is so ‘n jongman. Hy is huidiglik ‘n Graad 11 leerder by Zwartberg Hoërskool. Hy het onlangs met die skool se jaarlikse atletiekbyeenkoms die rekord gebreek in hoogspring vir seuns o/19 jaar. Hy was ook aangewys as die beste presteerder vir senior seuns en as die senior seun met die beste enkel prestasies. Marquin het ook tydens die OUDUSSA Hoërskole Atletiek getoon dat hy vir niemand terugstaan nie. Hy het uitgeblink in die hoogspring ( 1ste plek ), verspring en die naellope.

Marquin is ook ‘n kranige vlugbalspeler. Hy het die SWD Vlugbalspan vir die afgelope drie jaar al behaal. Hy is ook die kaptein van FC United Sokkerklub in Prince Albert en was by die prysuitdeling van die Klub aangewys as die Mees Waardevolle Speler van die Jaar (Most Valuable Player of the Year) – 2006.

Ons wil vir Marquin alle sterkte toewens met sy studies, die atletiek, vlugbal en sokker vir die jaar 2007.

Leeu-Gamka se o/13 sokkerspan blink uit

- I.A. Sabbart -

Die o/13 seuns sokkerspan van die Leeu-Gamka Primêr Skool is onoorwonne in die Beaufort-Wes streek.

Dit is bewys tydens ‘n interskole toernooi wat op 3 Maart in Beaufort-Wes plaas gevind het, waar sewe laerskole uit die omgewing deelgeneem het. Hierdie toernooi is aangebied deur Siyadiala School Mass Participation Program. Hulle is genooi om aan die Zonal toernooi in Kaapstad op 30 en 31 Maart deel te neem. Ons wens hulle alle voor-spoed toe. Baie dankie aan Mnr. S. Constable en Mnr. I.A. Sabbart, Sport Assistent by die Siyadalia Program, vir hul opofferings en geduld met die span.

“A Child in sport is a child out of court”

Hoërskool Zwartberg - Kleuresport


Saterdag die 27 Januarie het die Goue “Egiptenare” en Die “Red Bulls” in ‘n kleurryke optog om die baan by die skool opgedaag. Weereens het Merweville ook deelgeneem- en hulle het ook feestelik en energiek vertoon in die optog met al die 4x4 motorfietse.
Dit was ‘n dag vol opwinding en die atlete het werklik hul bes gedoen en pragtige prestasies gelewer.

Die gouespan het ook die geesdrifbeker ontvang – sowel as die beker vir die meeste punte.

Saterdag 3 Februarie het ‘n groep van 41 atlete aan die SOK byeenkoms op Kareedouw gaan deelneem. Ons het reeds die Vrydag vertrek-aangesien dit ver is en ons atlete lekker kon uitrus voor hul deelname.

Ons skool het baie goed presteer en pragtige prestasies behaal. Die beste 0/9 dogter en seun van die dag was atlete van Hoërskool Zwartberg nl.Rochelle Adolf en Gabriël Breytenbach. Christene Grove was ook die beste 0/19 dogtersatleet- Die skool is met reg baie trots op julle!!!

Die vlg. atlete het almal eerste plekke behaal:
Gabriël Breytenbach - VS
Rochelle Adolf - 80m
Martin Koorts - 80m H en GS
Delia Stalmeester -1500m en 800m
Christine Grove - VS
Andrea Gouws - SG
Yvonne Freysen - DG en GS
Deodett Philander - 60m
Marsunet Breytenbach - 150m

Voorspoed vir elke atleet se deelname die res van die kwartaal—mag dit net baie goed gaan!!!

No comments: