Tuesday, April 29, 2008

Hoekom jy die “Ou Tannie-museum” moet besoek

Dis feestyd op Prince Albert en ons dorpie bars uit sy nate! Vir ons besoekers is daar stalletjies, kunsuitstallings, vertonings, historiese uitstappies… en dan is daar natuurlik tannie Fransie se museum!

Moeg en voetseer van straat op en straat af? Kom verwyl ‘n bietjie stilte-tyd by ons: Kom luister na die suiwer klanke van ‘n 150 jaar oue draai-orrel, drentel deur vertrekke gevul met oudhede wat spreek van ‘n ou-wêreldse sjarme, die lewe van ‘n jong Fransie …

Francina Harmse is in 1898 op die plaas Lammerkraal, in die Prince Albert distrik, gebore. Fransie het ‘n groot belangstelling in oudhede gehad en het reeds as jong kind aan haar versameling begin bou. In 1916 trou sy met Giddy Pienaar. Teen die tyd dat die egpaar aftree en dorp toe trek, is die versameling reeds baie groot en word ‘n groter perseel kort-kort benodig. Op 17 April 1972 open Administrateur Vosloo die museum en tannie Fransie skenk haar versameling aan haar geliefde dorp.

Uiteindelik was haar ideaal verwesenlik! Fransie het kurator van haar museum gebly tot sy 88 jaar oud was. Sy het graag haar besoekers met interessante verhale vermaak en op haar geliefde orreltjie en bekfluitjie gespeel.

This historical Victorian building was built by Jan Haak, the then owner of Haak’s Hotel (Hotel Swartberg). Since 1957 the building was used as a hospital and after the new hospital was completed, the old building stood empty. The Municipality stepped in before the planned demolition of the building. It was restored and now houses the Museum since 1982.

The Fransie Pienaar Museum portrays the natural and cultural history of Prince Albert and district. It has a large collection of antiques and hand carved furniture, imported porcelain and original paintings and sketches by Hekkie Moos, Boet v d Hoven and Gawie Beukes amongst other items. There are displays of the “Gold Rush” at the end of the 19th century, the Anglo Boer War, Swartberg Pass, Meiringspoort, Gamkaskloof and fossils from the area. One of the most precious displays in our Museum is a book of speeches by Prince Albert. The book is autographed by the Queen herself. Supported by the Piet Basson Trust, two new exhibits have been prepared. The museum archives are often used by reseachers and we get numerous enquiries about local family history.

Die museum het ‘n stooklisensie! Kom kyk gerus Saterdagmiddag hoe Witblits gestook word. Kom proe aan die “onskadelike voggies” met die gróót skop. Witblits, boeke, afdrukke, kaartjies, poskaarte en heerlike plaaslike produkte kan in die museumwinkel gekoop word.

Moet my asseblief nie glo as ek sê die “Ou Tannie se museum” is die beste in die Weste nie! Kom kyk liewer self hoekom besoekers van reg oor die wêreld so gaande is oor die huislike atmosfeer, die liefdevol-versorgde inhoud en die vriendelike personeel van dié klein-dorpie museum.

No comments: