Tuesday, April 29, 2008

Willing Hearts Rugbyklub Nuus

- Titus Hendriks -

Prince Albert se Willing Hearts Rugbyklub speel vanjaar in die SWD Presidentsliga nadat die span verlede jaar as die SWD Karoostreek-kampioen gekroon is. Willing Hearts word as een van die top klubs in die SWD beskou, volgens Titus Hendriks, sekretaris van die klub.

Ligawedstryde het vroeg in April begin en sover het die aanvanklike oefeninge baie goed weggeskop. In harde wedstryde teen Plettenbergbaai op 5 April, het Willing Hearts se twee spanne geseevier; die A-span met 12 – 7 en die B-span met 18 – 7. Hendricks, in ‘n onderhoud met die Vriend, het alle toeskouers aangemoedig om in groot getalle die spanne se tuiswedstryde te ondersteun. Willing Hearts speel op 26 April teen Kango United, op 17 Mei teen die All Blacks en op 31 Mei teen Knysna United op hulle tuisveld.

Die klub het twee nuwe spelers - Claude Hendriks en Adrian Lodewyk, wat voorheen vir Bridgton in Oudtshoorn gespeel het. “Hul kennis, vaardighede en ervaring kan baie beteken vir die klub,” sê Titus Hendriks. Hendriks het verder aan die Vriend verduidelik: “Om ons hoë standaard te handhaaf, het ons borge nodig. Uitrustings, balle, waterbottels en verskeie ander toerusting is dringend nodig vir die nuwe seisoen, maar ongelukkig is baie van ons spelers werkloos en kan nie self geldelik help nie.” Hy sê enige skenking sal baie waardeer word.

Hendriks kan gekontak word by:
(023) 5411298 (h) of 023 5411440(w).

No comments: