Monday, March 31, 2008

Hoërskool Zwartberg Atletiek

- Diana Koorts -

Ons het weer eens ‘n baie warm en opwindende atletiekseisoen agter die rug. Die 26 Januarie het die Super Reds en die Goue Army mekaar die stryd aangesê op ’n snikhete warm dag! Almal het in ’n pragtige gees deelgeneem en tot aan die einde was dit onseker oor wie met die oorwinningsbeker huis toe sal gaan. Merweville het ook pragtig presteer en so ook 15 van Prins Albert Primêr se 0/14’s en 0/15’s. Die rooispan se gees was ontembaar – en dus is die geesdrifbeker aan hulle toegeken. Die goudspan het die meeste punte aangeteken en was dan ook die wenspan van die dag. Die uitblinkeratlete van die dag was soos volg:

Junior Victrix Ludorum: Rochelle Adolf
Senior Victrix Ludorum: Leoni Lodewyk
Junior Victor Ludorum: Oscar Maeyer
Senior Victor Ludorum:
Marquin Fredericks
Beste Enkelprestasie Junior Dogter: Rochelle Adolf
Beste Enkelprestasie Senior Dogter: Leoni Lodewyk
Beste Enkelprestasie Junior Seun: Oscar Maeyer
Beste Enkelprestasie Senior Seun: Elrico Jacobs

Op 2 Februarie het 41 van ons atlete ook aan die SOK byeenkoms op Joubertina gaan deelneem en werklik pragtig presteer. Daar het ons 16 eerste, 13 tweede en 17 derde plekke behaal. Die 0/11 seuns het besonder goed presteer en baie eerste en tweede plekke behaal en hul aflos met byna ’n volle oorgee gewen! (Hulle was Nelius Koorts, Ryan Ferreira, Oscar Maeyer en Izak Vorster.) Baie dankie aan mnr. Riaan Coetzee wat 3 leerders geborg het vir SOK – anders sou dit nie vir hulle moontlik wees om daar te kon deelneem nie!

Daarna het ’n hele aantal atlete aan verskeie byeenkomste op Oudtshoorn deelgeneem en goed presteer. Die kompetisie daar is geweldig sterk – veral die laerskoolbyeenkomste, want ons ding mee teen baie groot skole! Baie dankie ook aan ’n anonieme skenker wat ’n finanasiële bydrae gelewer het– dis wonderlik dat die publiek ons so ondersteun om ons kinders van die nodige te voorsien! Op ’n leë maag kan niemand presteer nie!!

Ons skool is met reg trots op Oscar Maeyer wat ingesluit is in die SWD span vir gewigstoot – seuns 0/11. Baie geluk – al die harde oefening in die hitte het goeie vrugte afgwerp!!

No comments: