Monday, March 31, 2008

Net in Prince Albert

- Jeanetta de Lange -

Dis ‘n Koel Woensdag-oggend.

‘n Groepie genooides skaar om Daddie Bothma. Op die bank sit ‘n ry poppekinders, groot oog in afwagting...

Orde word geskep en dan word ‘n aller mooie poppebaba deur Babsie Mulder ingebring – die spierwit dooprokkie soos ‘n bruids-sluier.

‘n Paar gevleude woorde, sonder agterste-voor sin-snedes en dié poppekind word “gedoop” in die teenwordigheid van al die tannies.

Die ke’rant was amptelik genooi en die kliek en kliek. Mamma Daddie straal, die poppekind is guitig, lag vir almal en deel net soentjies uit.

Die amptelike doopfoto is die moeder, Daddie, “baba” en die pleegmoeder: Rina Gouws.
Na die naam-gee-seremonie is dit aansit by ‘n fyn teetafel – hoe dan anders?! Vars rose, geborduurde tafeldoek, en en en – waar wás julle tog?

En die dogtertjie se naam?... Dottie Bothma.

Net in Prince Albert kan só ‘n Kers-storie ‘n gelukkige einde hê.

No comments: